‘n Gebrek aan moed

image_pdfimage_print

 

Because He’s the living God, He can hear. Because He’s a loving God, He will hear. —C.H. Spurgeon

 

‘n Gebrek aan moed

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou (Jesaja 41:10)

Dit lyk asof daar ‘n tekort aan moed is vandag. Wat is moed? “Courage is resistance to fear, mastery of fear, not absence of fear.” (Mark Twain) Hy gaan verder: “A courageous person is someone who can control his or her fear and then do the right thing. It is overcoming the fear that you naturally have.”

 

Mense wat in ons oë baie moed het, is wetstoepassers, soldate, brandweermanne, ens. Ons lees ook gereeld van dade van moed in ons samelewing. Maar daar is ook ander vorme van moed soos morele moed. Dit beteken ek veg ten spyte van teenstand en ontmoediging; dit beteken ek het integriteit. Ons het meer morele moed nodig vandag.

 

Almal van ons het moed in ons lewens nodig. Paulus was nie bang vir die dood of swaarkry nie. Die een ding waarvoor hy bang was, was dat hy God sou teleurstel. Hoe stop jy so iemand? Antwoord: jy stop hom nie. Dit is hoekom God hom op so ‘n verbasende manier gebruik het.

 

Ook Paulus se moed was soms laag. Paulus was vasberade om na Jerusalem te gaan, alhoewel mense hom daarteen gewaarsku het. Daar is hy gevang en in die tronk gegooi. Daar het Paulus hom op die trap van die kaserne verdedig. Dan lees ons: Daardie nag het die Here by Paulus gestaan en vir hom gesê: “Hou moed! Hier in Jerusalem het jy vir My getuig. So moet jy dit in Rome ook doen (Handelinge 23:11). Hier kom die Here en beur vir Paulus op. Nou kan Paulus moed hou in ‘n koue, nat, donker tronk.

 

Maar die Here sê nie net vir Paulus om moed te hou nie. God doen sy deel en ons moet ons deel doen. Hy gee vergifnis en ons moet daardie vergifnis aanvaar. Dit wys ook vir ons dat God se krag vir ons moed gee. Sy krag sal daar wees om ons in tye van nood te help. God gee aan Paulus ‘n nuwe opdrag – Rome. Paulus weet dat as God aan hom ‘n opdrag gee, sal Hy vir hom die krag gee om dit te doen.

 

Wat is Paulus se siening? Ek is eerder in die tronk saam met Jesus as op enige ander plek sonder Jesus. Wat die Here hier vir Paulus sê, sê Hy ook vir ons: “Ek sal met jou wees waar jy ook al gaan.” God is met ons in goeie tye, maar ook in slegte tye.

 

 

 

image_pdfimage_print