‘n Nuwe Kategismus: Vraag 17

image_pdfimage_print

 “Prayer is the breath of the new creature.”  Richard Baxter,

 

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 17

Vraag:

Wat is afgodery?

 

Antwoord:

Afgodery is om te vertrou vir ons hoop en geluk, betekenis en sekuriteit op dinge wat geskep is, en nie op die Skepper nie.

 

 

Teksvers:

Omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie, en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister … Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig (Romeine 1:21 en 25).

 

Kommentaar:

Wat beteken dit om ‘n god te hê? Of: wie is jou God? Antwoord: Dit is enigiets waarna ons kyk vir die goeie of ons toevlug in nood – dit is wat god beteken … die vertroue en geloof van die hart. Niks anders maak God en afgod nie … aan wie jy jou hart geen en aan wie jy jou lewe toevertrou, is jou God … Baie mense verbeel hulle dat hulle God en alles wat hulle nodig het,  het as hulle geld en eiendom het. Hulle vertrou hierop, spog hieroor en voel … onbeweeglik veilig … Maar kyk, hulle het ook ‘n god. Sy naam is Mammon, dit is die geld en eiendom aan wie hulle hulle hele harte gegee het. Mammon is die wêreld se gunsteling afgod. Iemand wat geld en eiendom het, het ‘n gevoel van sekuriteit en voel gelukkig en vreesloos … Aan die ander kant, iemand wat niks het, voel onseker en angsbevange asof hy nog nooit van God gehoor het nie … Net so het iemand wat roem op sy groot geleerdheid, intelligensie, mag, spesiale voordele, familieverbintenisse en wat hulle eer en op hulle vertrou ook ‘n god – nie die een ware God nie. Die bewys hiervoor is wanneer mense arrogant, verseker en trots is omdat hulle so baie besittings het, maar as hulle desperaat is as hulle dit nie het nie of dit verloor. Ek herhaal: om ‘n god te hê, beteken om iets te hê waarop jou hart volkome vertrou.

 

Nou kan ons maklik sien wat dit beyeken en hoeveel die eerste gebod vereis. Dit vereis dat ‘n mens se hele hart en al sy vertroue aan God alleen gegee word en aan niemand anders nie … Die ware aanbidding en diens aan God, dit wat Hom gelukkig maak en wat Hy ook vereis en wat, as ons dit nie doen nie, kan lei tot sy ewigdurende toorn … gebeur wanneer jou hart al sy vertroue op Hom rig en nie toelaat dat ons van Hom losgeskeur word nie;  dit beteken dat ek alles op aarde waag vir Hom en alles los vir Hom. Jy kan maklik sien hoe die aarde niks anders as vals aanbidding en afgodery beoefen nie. Elkeen het vir homself ‘n besondere god opgerig na wie hy kyk vir voordele, hulp en vertroosting … Afgodery bestaan nie net uit die oprig van ‘n beeld en die aanbidding daarvan nie; dit gebeur primêr in die hart wat elders kyk as na die een God en wat hulp en vertroosting soek in dinge wat gemaak is.

 

Daar is ook vals aanbidding, die hoogtepunt van afgodediens wat vertroosting en redding soek in hulle eie werke en glo dat hulle die hemel kan ingaan deur God onder ‘n verpligting  te plaas … wat alles self wil verdien deur hulle werke … Wat is dit anders as om God in ‘n afgod te verander en waar die aanbidder homself as sy eie god beskou. Ons moet op God alleen vertrou, na Hom opsien en verwag om net goeie dinge van Hom te ontvang. Ondersoek jou hart deeglik en jy sal weet of jy God alleen aanvaar of nie? Glo jy in jou hart dat jy net goeie dinge van God sal ontvang, veral as jy probleme of behoeftes het? Gee jou hart alles op wat nie God is nie? Dan het jy die een ware God. Of is jou hart geheg en vertrou op iets anders waarvandaan jy verwag om meer goed en hulp sal kry as van God? En as dinge skeef loop vlug jy na Hom of weg van Hom? Dan het jy ‘n ander god – ‘n vals god, ‘n afgod.

 

Hierdie kommentaar is deur Martin Luther (1483 – 1546) geskryf. Hy was ‘n Duitse Protestantse pastor en professor van teologie. Hy was die seun van ‘n mynfamilie. Dit was beplan dat hy ‘n advokaat sou word, maar  gaan na ‘n klooster. Op 31 Oktober 1517 spyker hy sy 95 leerstellings teen die deur van die kerk in Wittenberg vas. Dit lei tot die hervorming. Sy weiering om sy leerstellings terug te trek nadat Pous Leo X en Keiser Karel V dit geëis het, lei tot sy uitbanning uit die kerk. Luther het baie werke geskryf, insluitend sy klein en groot kategismusse en het honderde preke gelewer in kerke en by universiteite.

Hierdie kommentaar kom uit Luther se Groot Kategismus  (St. Louis, MO.: Concordia, 1978), 13–17.

 

Verdere leesstof:

 “General Revelation” en “Guilt” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

 

Gebed:

 O God, die lig van elke hart wat U sien, die lewe van elke siel wat U liefhet, die sterkte van elke verstand wat U soek, gee aan my die wil om standvastig vas te hou aan u heilige liefde. Stort U uit in my hart en laat dit oorvloei sodat ek so volledig met U vervul sal wees, dat daar geen ruimte vir nietige trots sal wees nie. Ek is skaam en moeg om soos die wêreld te leef; die sig en hoor van verbygaande voorwerpe pla my: help my, my God, teen die aanslag hiervan. Wees U die vreugde van my hart; neem dit vir Uself, en bly U daar vir altyd, sodat ek alles hier onder kan agterlaat, dat ek U alleen kan dien en in U alleen kan woon.

 

Hierdie gebed is deur Augustinus  (354 – 430), die Biskop van Hippo in Noord-Afrika geskryf.  Hy was ‘n teoloog en filosoof. Beide die Katolieke en Anglikaanse Kerk beskou hom as ‘n heilige. Hy skryf oor sy bekering in sy Confessions, sy bekendste boek. Hy was ‘n produktiewe skrywer en het geskryf in Latyn Baie van sy werke het behoue gebly – honderde titels. Dit sluit in apologetiese werke, werke oor Christelike leerstellings en kommentare en meer as 350 preke wat behoue gebly het.

Hierdie gebed kom uit  Pious Breathings: Being the Meditations of St Augustine, his Treatise of the Love of God, Soliloquies and Manual, (London: J. Nunn & Co., 1818), 29–31.

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.

image_pdfimage_print

You may also like...