.‘n Nuwe Kategismus: Vraag 33

image_pdfimage_print

You can choose courage or you can choose comfort, but you can’t choose both.”  Brene Brown. 

 ‘n Nuwe Kategismus: Vraag 33

Vraag:

Moet diegene wat geloof in Christus het hulle verlossing deur hulle werke of iewers anders soek

 

Antwoord:

Nee, hulle moenie, omdat alles wat vir verlossing nodig is in Christus gekry kan word. Om verlossing deur goeie werke te soek, is ‘n ontkenning dat Christus die enigste Verlosser en Vryspraak is. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

 

Teksgedeelte:

En tog weet ons dat ‘n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie (Galasiërs 2:16).

 

Kommentaar:

Ons hou vol dat watter werk ‘n man ook al doen, word hy as regverdig voor God gesien slegs as gevolg van genade; want God, sonder enige respek vir werke, neem hom vrylik in Christus aan deur die geregtigheid van Christus aan hom, asof dit sy eie is, toe te skryf. Dit noem ons die geregtigheid van geloof, dit is wanneer ‘n mens, leeg en gedreineer van alle vertroue op sy werke, oortuig is dat die enigste rede vir aanvaarding deur God ‘n geregtigheid, wat by hom ontbreek, maar wat hy by Christus geleen het, is. Die punt waar mense afdwaal (‘n fout wat ons  in feitlik elke tydperk kry)  is om te verbeel dat die mens, hoe onvolmaak hy ook al is, tog in ‘n mate die guns van God deur sy werke verkry. God versoen ons met Hom nie deur ons werke nie, maar deur Christus alleen. Deur ons in genade aan te neem maak Hy ons sy eie kinders in plaas van kinders van die toorn.  Solank as wat God na ons werke kyk, kry Hy geen rede waarom Hy ons moet liefhê nie. Daarom is dit noodsaaklik dat Hy ons sondes moet begrawe en aan ons die gehoorsaamheid van Christus moet oordra. Dit alleen kan God se ondersoek slaag. Dit is die duidelike en uniforme leer van die Skrif. Dit is die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig (Romeine 3:21)

 

Hierdie kommentaar is deur Johannes Calvyn (1509 – 1564) geskryf. Gebore in Frankryk as kind in ‘n streng Rooms-Katolieke familie was hy ‘n teoloog, administrator en pastor. Vir die grootste deel van sy lewe het hy in Genève gewerk en die Gereformeerde Kerk georganiseer. Hy skryf  The Institutes of the Christian Religion, die Geneva Catechism, sowel as baie kommentare op die Skrif.

Hierdie kommentaar kom uit “The Necessity of Reforming the Church” in Theological Treatises, geredigeer en vertaal deur J.K.S. Reid, The Library of Christian Classics(Louisville: WJKP, 1954), 199.

 

Verdere leeswerk:

 “Legalism” en “Works” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

 

Gebed:

Heerlikheid in Christus. Heerlikheid is nie in jou eie geloof, jou eie gevoelens, jou eie gebede, jou eie toewyding nie. Heerlikheid is niks anders as Christus nie. Die meeste van ons weet maar min van hierdie genadige en magtige Verlosser. Ons eer en verheerlik Hom nie genoeg nie. Kom ons bid dat ons meer van die volheid wat daar in Hom is, sal sien.

Hierdie gebed is deur  John Charles Ryle (1816 – 1900) geskryf.  Hy was die eerste Anglikaanse biskop van Liverpool, Sy aanstelling as biskop was op aanbeveling van  die eerste minister, Benjamin Disraeli. Hy was ‘n skrywer en leraar, maar ook ‘n atleet wat vir Oxford Universiteit geroei en krieket gespeel het. Hy was ook verantwoordelik vir die bou van veertig kerke.

Hierdie gebed kom uit  Holiness (Lightning Source, 2001), 115.

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...