Het ons ons godsdiens afgewater? ‘n Nuwe Gees

image_pdfimage_print

There is dust enough on some of your Bibles to write “damnation” with your fingers – C. H. Spurgeon

Het ons ons godsdiens afgewater? ‘n Nuwe Gees

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

In die vorige blog het ons gesien dat ons ‘n nuwe hart nodig het. Kom ons kyk weer na Esegiël 36:26 waar God sê dat Hy vir ons ‘n nuwe hart gaan gee – maar ook ‘n nuwe Gees: Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.

Jesus sê vir Nikodemus dat hy uit water en Gees weer gebore moet word (Johannes 3:5). God vergewe nie net ons sonde nie, maar hy vul ook ons lewens met sy Heilige Gees: Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon (Romeine 8:11).

Jesus Christus leef nou in ons. Hy verbeter nie net ons ou lewens nie, maar gee aan ons ‘n nuwe lewe – ‘n lewe verenig met syne. Nou word alles wat aan Hom behoort ook aan ons – sy liefde, vreugde, krag, denke, begeertes, ens word nou ons s’n. Dit beteken ons lewens verander radikaal.

Ons word nou dissipels/volgelinge van Jesus Christus. Dit het ‘n besliste implikasie: dissipel wees, beteken dissipels maak.

image_pdfimage_print

You may also like...