Nie van hierdie wêreld nie, maar vir hierdie wêreld

image_pdfimage_print

 

If God had a refrigerator, your picture would be on it. If He had a wallet, your photo would be in it. He sends you flowers every spring and a sunrise every morning … Face it, friend. He is crazy about you! —Max Lucado

 

Nie van hierdie wêreld nie, maar vir hierdie wêreld

My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie … Maar nou is my koninkryk nie van hier nie (Johannes 18:36). Dit is deel van Jesus se antwoord aan Pilatus op sy vraag of Jesus die koning van die Jode is. Beteken dit nou Jesus se koninkryk is van min belang vir hierdie wêreld? Beslis nie. Jesus se koninkryk is nie van hierdie wêreld nie, maar is beslis vir hierdie wêreld.

 

Jesus het gekom om dié wat verlore is te soek en te red,, om die koninkryk van God te vestig, om aan die kruis versoening vir ons sondes te doen, om ‘n skepping wat swaarkry te verlos en om die weg voor te berei vir die vernuwing van alle dinge. Daarvan is sy fisiese opstanding die teken. Intussen het sy volgelinge baie werk om te doen.

 

Baie mense betoog oor klimaatsverandering. Hoe moet Christene hierop reageer? Dit is nie ‘n saak waaroor die Bybel ‘n direkte uitspraak lewer nie – ons het nie ‘n groen Bybel om ons te help nie.

  • Bid en volhard met gebed. Ons moet volhard om die koninkryk van God aarde toe te bring Dit is nie dat ons optrede noodsaaklik is om God se koninkryk aarde toe te bring nie … ons word wel geroep om in sy koninkryk te woon – vandag. Daarom moet ons nadink oor ons optrede en watter invloed dit op die wêreld het.
  • Ons het geen verskonings nie. Ons kan nie sê ons weet nie; ons kan nie sê dat mense geen invloed op God se wêreld het nie. God laat mense toe om sy wêreld om te krap. Ons moet wysheid, onderskeidingsvermoë en nederigheid in al ons studies soek. Ons moet egter waak teen die neiging om antwoorde te soek wat ons sienings pas. Ons weet mos ons is altyd in die versoeking om die radikale uitdagings  van Jesus se pad te loop, te vermy.

 

En nou? Die Bybel stel dit duidelik dat ons die aarde moet bewoon en bewerk. Hierdie wêreld is nie ‘n verbruikersitem vir die mens nie. Ons as Christene moet reageer op klimaatsveranderinge – dit moet vir ons ‘n bron van bekommernis wees.

 

 

image_pdfimage_print