www.bybelkennis.co.za Blog
The omnipotent, in one instant, made himself breakable. He who had been spirit became pierceable. He who was larger than the universe became an embryo – Mac Lucado
Waar is ons helde?
Helde het skaars geword in die moderne samelewing. Nietzche, Marx en Freud kan as die meesters van wantroue beskryf word. Die gevolg is dat ons sogenaamde helde onmiddellik wantrou. Ons soek outomaties na die voete van klei; ons soek nie na ‘n voorbeeld om na te volg nie, maar vir onderliggende siniese motiewe.
You can out-distance that which is running after you, but not what is running inside you. -Rwandese spreekwoord
My roeping en lewensdoel (2)
You can get all A’s and still flunk life (walter Percy)
Geen mens kan my lewensdoel vir my ontdek nie – elkeen moet op een of ander stadium van sy lewe self sy doel ontdek. Hoe ontdek en vervul ek die sentrale doel van my lewe? Almal van ons soek na betekenis in ons lewens; almal van ons wil graag ‘n verskil maak; almal wil graag iets nalaat vir diegene wat na ons kom. Ons passie is om die doel waarvoor ons op die aarde geplaas is, te vervul.
We talk of the Second Coming; half the world has never heard of the first. —Oswald Smith
Arthur F. Burns
Arthur Burns was die voorsitter van die Federale Reserwe Raad van die VSA en later die VSA Ambassadeur na Duitsland. Hy was die ekonomiese raadgewer van heelwat Amerikaanse presidente – van Eisenhower tot by Reagan. As hy gepraat het, het Washington geluister.
In die 1970’s begin hy ‘n informele gebedsgroepie in die Wit Huis bywoon.
If we only spent more of our time in looking at Him we should soon forget ourselves. —Martyn Lloyd-Jones
My roeping en lewensdoel (1)
Elkeen van ons soek ‘n doel vir ons lewe – ‘n doel wat groot genoeg is om ons aandag vas te gryp; wat langdurig genoeg is om ons tot die einde van ons lewens te inspireer. Daar is baie antwoorde beskikbaar – almal het vandag missiestellings; almal het meetbare uitkomste. Daar is honderde verskillende benaderings. Die vraag: Hoe kies ek tussen al hierdie benaderings? Is dit belangrik watter keuse ek maak?