www.bybelkennis.co.za Blog
To achieve great things, two things are needed: a plan and not quite enough time – Leonard Bernstein
Moet ek deel wees van die geloofsgemeenskap?
Afgesien van die Bybelse redes is daar ook praktiese redes om deel van die geloofsgemeenskap te wees. Hier is ‘n paar:
- Om jouself aan die geloofsgemeenskap toe te wy, is ‘n kragtige stelling in ‘n kultuur van lae toewyding. Sekere rolbalklubs verwag meer van hulle lede as die kerk.
It is almost as presumptuous to think you can do nothing as to think you can do everything. —Phillips Brooks
‘n Nuwe Kategismus: Vraag 38
Vraag:
Wat is gebed?
Antwoord:
Gebed is om ons harte in lof, belydenis van sonde, smeking en danksegging voor God uit te stort. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]
Die loofhuttefees in Jerusalem (7:1-52) – Francois Malan
Na die lang redes in hoofstukke 5-6, volg hier in hoofstukke 7-8 korter strydgesprekke tussen Jesus en die vyandige Joodse leiers, ook met elemente uit die massa; soms selfs onderlinge stryd oor Jesus tussen feesgangers, en dan weer onder die Joodse leiers in Raad (7:40-52).
Die belydenis van Petrus (6:67-71) – Francois Malan
6:67 Vir die eerste keer word in hierdie Evangelie na ‘die twaalf’ verwys (vgl. ook 20:24 toe Thomas nie by hulle was nie). Hulle het die binnekring van Jesus se volgelinge/leerders gevorm. Johannes vertel net van die eerste ses se roeping (1:35-51). Jesus se vraag suggereer ‘n ontkennende antwoord: ‘Julle wil nie ook weggaan nie?’ Hy weet ook wie dit is wat in Hom glo, maar hier stel Hy die twaalf voor ‘n beslissing.