Die Geestelike Dissiplines: Hoe verander God lewens (12)
To read without reflecting is like eating without digesting. -Edmund Burke, staatsman en skrywer (1729-1797)
Die Geestelike Dissiplines: Hoe verander God lewens (12)
Dallas Willard, Professor aan die University of Southern Califonia se School of Philosophy en leraar in die Southern Baptist Church, het ‘n belangrike boek geskryf: The Spirit of the Disciplines. [Hy is onlangs oorlede.] Ek gaan baie op hierdie boek staatmaak in hierdie reeks oor geestelike dissiplines.
Ons het in die vorige blog gewys dat die geestelike dissiplines in twee kategorieë verdeel kan word. Ons begin vandag met die eerste kategorie: Die Dissiplines van onthouding. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie (1 Petrus 2:11).