www.bybelkennis.co.za Blog
Laat sy liefde jou lei: Kom terug na Hom toe! – Milanie Vosloo
Kom nou terug na jou God toe. Tree op met liefde en regverdigheid, en lewe voortdurend met ‘n vaste vertroue in jou God. Hosea 12:7
Ons almal loop soms weg van God af. Ons doen sonde wat ons laat skuldig voel of ons dwaal bloot weg van Hom omdat ander dinge vir ons belangriker geraak het.
Alle Paaie lei na Jesus: Die verhouding Israel-Kerk na Pinkster (1) – Adrio König
8.3 Die verhouding Israel-kerk ná Pinkster
Dit bring byna vanselfsprekend die vraag na vore wat die verhouding dan is tussen Israel en die kerk omdat die kerk ná Pinkster hoofsaaklik uit gelowiges uit die heidene bestaan het. Daar is ’n standpunt van radikale diskontinuïteit. Dit beteken dat daar ’n absolute breuk is tussen Israel en die kerk, dat die kerk heeltemal ’n nuwe saak in die Nuwe Testament is waarvan daar geen sprake in die profesieë van die Ou Testament is nie.
Jesus Christ is not the enemy of reason, but only of the irrational arrogance of those who pride themselves on their intellect, and of the self-sufficiency of reason.* – Emil Brunner, Revelation and Reason,
Verskonings wat my potensiaal doodmaak
“Ninety-nine percent of the failures come from people who have the habit of making excuses.”—George Washington Carver
Ons hoor gereeld verskonings wat ander mense maak en wat ons voel nie water dra nie. Maar as dit kom by my eie verskonings is ek redelik blind. Sekere verskonings word later vir ons aanvaarbaar. Dit is dikwels hierdie “aanvaarbare” verskonings wat my persoonlike groei en potensiaal doodmaak.
Art is the elimination of the unnecessary. -Pablo Picasso
Sewe gevaartekens vir ‘n leier
Simon Petrus is ‘n baie gewilde figuur in die Bybel – hy is so menslik. Hy was die leier van die apostels; sy naam verskyn eerste op die lyste van apostels. Maar Hy het op ‘n dramatiese wyse geval (Lukas 22:31 – 62). Sy lewe is vol waarskuwingstekens vir vandag se leiers. Hierdie tekens gebeur nie altyd liniêr nie, maar elkeen van hulle is vir leiers ‘n rooi lig – gaan stadig en evalueer jou lewe.