www.bybelkennis.co.za Blog
DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (2) – Jan van der Watt
ii) Hoe lyk die Markusevangelie op die oog af?
a) Wat is die doel?
In Mk 1:1 staan: Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só…
- Daar is geen geboorteverhaal van Jesus nie, wat beteken dat die evangelie sonder ‘n geboorteverhaal van Jesus en sonder verhale van sy kinderdae vertel kan word. Die “evangelie” begin hier met Johannes die Doper.
Alle Paaie lei na Jesus: Algemene vervullings – Adrio König
7.3 Algemene vervullings
Behalwe hierdie spesifieke vervullings, moet ons ook kyk na vervullings in die algemeen. Dink maar net aan die volgende. Die profesie oor die Seun van die mens kom uit Daniël 7:13-14. Daarvolgens is dit ’n heerlikheidswese wat heerskappy voer oor alles en almal. Maar wanneer dit in Jesus vervul word, is Hy in vernedering. Trouens juis wanneer Hy oor sy komende lyding praat, identifiseer Hy Homself heel spesifiek met die Seun van die mens. Telkens wanneer omstanders na Hom as Messias verwys, slaan Hy doelbewus oor na “die Seun van die mens” en dit juis as sy lyding ter sprake is (oa Mark 8:31; Matt 26:63). Uit die profesie in Daniël sou niemand ooit kon afgelei het dat hierdie Seun van die mens in vernedering sou kom nie.
The ear is the only true writer and the only true reader – Robert Frost (digter)
Die mens as beeld van God. Wat beteken dit?
Kom ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld (Genesis 1:26)
Aan die een kant is die mens uniek; aan die ander kant is hy nes al die ander dinge, want soos hulle is die mens ook deur God gemaak. Maar nou is ons God se beeld. Op een of ander wyse is ons soos God en dan plaas Hy ons in die wêreld as sy verteenwoordiger.
“Time is the most valuable thing that we have, because it is the most irrevocable.” ― Dietrich Bonhoeffer
Wat sê die Bybel wie is God?
In die begin het God die hemel en die aarde geskep.
In die heel eerste vers van die Bybel ontmoet ons vir God – Hy word aan ons as die belangrikste persoon in die verhaal van die Bybel bekendgestel. Die skrywer praat nie filosofies of teologies oor God nie. Hy sê glad nie vir ons waar God vandaan kom of hoekom Hy die hemel en die aarde geskep het nie – daardie vrae wat ons so besig hou.