www.bybelkennis.co.za Blog
Leef uit jou Doop: 3.4 Die gelyktydigheid van doop en geloof – Adrio König
3.4 Die gelyktydigheid van doop en geloof
Daar is ’n opvallende gebruik in verband met die doop in die Nuwe Testament. Ons het reeds ’n paar keer daarna gekyk. Mense is gou gedoop, eintlik dadelik nadat hulle tot geloof gekom het. Dit is net nog ’n getuienis van die noue verband tussen doop en geloof.
“It is not bigotry to be certain we are right; but it is bigotry to be unable to imagine how we might possibly have gone wrong.” – G. K. Chesterton
Ek kan God deur gestremdhede ken
In A Good and Perfect Gift beskryf Amy Julia Becker hoe sy haar dogter, Penny, wat met Down Sindroom gebore is, grootgemaak het. Sommige mense kyk na Penny en besef wat met haar verkeerd is. Hulle vergelyk haar met wat hulle as normaal beskou. Hulle idee van mense met verskille en gestremdhede maak hulle blind – hulle sien nie die unieke, kosbare meisie raak nie. Vir Amy en haar man is Penny egter ‘n gawe van God. Sy, gemaak na die beeld van God, weerspieël haar Skepper op baie maniere. Sy maak Hom aan ander bekend.
The world does not consist of 100 percent Christians and 100 percent non-Christians. There are people (a great many of them) who are slowly ceasing to be Christians but who still call themselves by that name: some of them are clergymen. There are other people who are slowly becoming Christians though they do not yet call themselves so – C. S. Lewis
Bonhoeffer (9)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Dissipels doen nie net afstand van hulle regte nie, maar hulle doen selfs afstand van hulle eie geregtigheid. Hulle kry geen krediet vir wat hulle doen en opoffer nie. Al geregtigheid wat hulle het, is om te honger en dors na wat reg is.
I tell you our strength, whenever we have any, is our greatest weakness, and our fancied wisdom is our real folly. —C.H. Spurgeon
Algemene genade
Hoekom het Adam en Eva nie onmiddellik gesterf na hulle oortreding in die paradys nie? God het immers verklaar dat Adam weer na die aarde wou terugkeer: Stof is jy, en jy sal weer stof word (Genesis 3:19). Wat het hulle in staat gestel om aan te hou leef en die voordele van die lewe – kos, kinders, ens – te geniet? Hoekom geniet so baie sondaars vandag steeds daardie selfde voordele?