www.bybelkennis.co.za Blog

Die Eerste Brief van Johannes (13)

Die Eerste Brief van Johannes (13) – Jan van der Watt

Deel 3: Die ratte loop op liefde – maar steek ook vas

Hoofstuk 12: Ek bly maar sondig … wat ‘n gemors

As Christen kan ’n mens nuut begin, elke dag. Die Here gebruik ons nie as pakdonkies vir ons sonde nie. Kyk hoe die Here jou vry maak en hoe jy elke nuwe dag positief met drif en ywer aanpak—as geskenk van die Here.

 

DIE VLEUELS VAN GEBED (2)

DIE VLEUELS VAN GEBED (2) – Jan van der Watt

Die hart van gebed. 

Wat maak gebed GEBED?

Wat maak gebed GEBED? Die antwoord is eenvoudig: GOD!

Gebed is eintlik ‘n snaakse ding. Sê nou maar Manie die Marsman sou by die slaapkamer kon inloer as jy bid. Daar staan jy op jou knieë in doodse stilte met jou hande gevou vir vyf of tien minute. Op die oog af moet hierdie houding seker snaaks lyk vir iemand wat nie weet wat daar gebeur nie. Vir jou is dit egter nie so snaaks nie. Jy weet jy het Iemand met wie jy praat, hoewel jy Hom nie kan sien nie. Dit maak wat jy doen sinvol – die stilte, die staan op die knieë, jou hande wat gevou is.

Laat sy Liefde jou Lei: Opofferende Diensbaarheid

Laat sy Liefde jou Lei: Opofferende Diensbaarheid – Milanie Vosloo

Opofferende diensbaarheid

Jy sien dus dat hy God só vertrou het dat hy bereid was om te doen wat God vra. Sy geloof het dus eers volwassenheid bereik toe dit dade geword het. Jakobus 2:22

Jesus was vreemd. Duidelik was Hy nie die tipiese godsdienstige leier wat op ‘n verhoog die Evangelie verkondig het nie. Hy het mense bedien in Galilea, ‘n onbelangrike plek, op een of ander berg, in die agterstrate en op die uithoeke van dorpe – daar waar die melaatses gebly het.