www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Opstanding
Opstanding
- Jesus se opstanding Algemene opstanding Opstandingsliggaam Verheerliking
Daar is ‘n sin waarin die opstanding van Jesus die belangrikste element van die evangelie is. Dit is net van Jesus se opstanding dat Paulus sê ons kan maar die kerkdeure toemaak as Hy nie opgestaan het nie (1 Kor 15:12 ev). En daar is geen manier om sy opstanding te vergeestelik asof Hy net in ons harte opgestaan het terwyl Hy nooit regtig uit die graf gekom het nie. (*”Nuwe Hervormers”, *Leë graf) Die Jode van die tyd van Jesus het te fisiek oor ‘n mens gedink om enigsins van opstanding te kon praat terwyl sy liggaam nog in die graf is.
Die Groot Geloofswoordeboek: Oordeel, Toorn, Straf
Oordeel/Toorn/Straf van God • Jaloerse God
(*Hel)
In die toorn, oordeel en straf van God gaan dit telkens om dieselfde saak. In die lewe van die kerk ry hierdie begrippe wipplank. In een tydperk word dit oorbeklemtoon, net om dan weer vir lang tye verwaarloos te word. Dit wissel ook van groep tot groep. En tog het ek die indruk dat dit, saam met die *hel/verdoemenis/verderf, gedurende die laaste paar dekades eenvoudig uit die geloofstaal van die meeste kerke verdwyn het. Natuurlik sal alle konserwatiewe Christene op navraag nog bevestig dat hulle glo daar is so iets, maar of dit deel van hulle praktiese geloofbelewing en hulle getuienis is, is ‘n ope vraag.
Die Groot Geloofswoordeboek: Onweerstaanbare Genade
Onweerstaanbare genade
Onder “onweerstaanbare genade” word bedoel dat ‘n mens nie God se genade kan weerstaan of afwys as Hy besluit het om jou te begenadig en te red nie.
Is Kersfees van heidense oorsprong? – Kobus Kok
Vraag:
Matthys vra:
Kersfees – Wêrelds- of Christelike gebeurtenis – wat is die ware betekenis van 24 Desember…?? EK en my aanstaande verloofde is beide belydende Christene… Maar, ons sienings oor ‘n paar fundamentele Christelike rituele verskil. Hoe nou gemaak?? Ek is ‘n belydende Christene met ‘n sterk NG-kerk agtergrond, en my aanstaande verloofde is ‘n pragtige jong vrou, definitiewe belydende Christen, met ‘n …kerk agtergrond. Ons stem beide saam dat Jesus nie op 25Desember gebore is nie , maar ons stem nie saam oor hoe “Kersfees” / Jesus se geboorte dag gevier moet word nie.