www.bybelkennis.co.za Blog
Was 1 Petrus ‘n brief of ‘n preek, en wat was die outeur se doel daarmee?
Sommige navorsers meen dat 1 Petrus miskien eers as ‘n preek geskryf is en later in ‘n briefvorm gegiet is. Daar word veral voorgestel dat dit miskien ‘n soort dooppreek kon wees. Dit is egter heel onwaarskynlik. Dit word algemeen aanvaar dat 1 Petrus ‘n oorspronklike brief is. Die hoofdoel daarvan was om gelowiges in Klein-Asië te bemoedig terwyl hulle deur die ongelowiges vervolg is, en om hulle op te roep tot onberispelike gedrag ten midde van hul omstandighede
Wie het 1 Petrus geskryf?
Daar is genoegsame interne- en eksterne getuienis om daarop te dui dat, na aanleiding van die tradisionele beskouing, Petrus die apostel wel die outeur van 1 Petrus was.
Wie het 1 Petrus geskryf?
Die meerderheid van navorsers meen tans dat die outeur van 1 Petrus “peudoniem” is, dit wil sê dat iemand anders onder Petrus se naam geskryf het. Dit was ‘n algemene en aanvaarbare verskynsel in die tyd wat die Nuwe Testament tot stand gekom het. Sekere eienskappe van 1 Petrus lei hulle tot hierdie konklusie, maar daar is telkens ook geldige teen-redenasies.
Fondsinsameling vir die arm gelowiges in Judea
Ses teksgedeeltes in die Nuwe Testament vertel vir ons van die fondsinsameling vir die arm gelowiges in Judea wat oor die verloop van ‘n aantal jare deur Paulus behartig is. Ons lees eerste in Handelinge (11:27-30) daarvan, waar dit duidelik is dat hierdie inisiatief by die gelowiges in Antiogië begin het, en dat Paulus dadelik deel daarvan gemaak is. Lees gerus hoe hy die inisiatief later verder geneem en afgehandel het…