www.bybelkennis.co.za Blog
With all our technological expertise and intellectual arrogance, we have become the cleverest fools in world history – J. I. Packer
Gesprekke: ‘n verlore kuns?
Sherry Turkle is ‘n professor in sielkunde aan MIT. Haar belangstelling is die verhouding tussen mense en masjiene – iets wat in ons tegnologiese tyd van groot belang is. Haar nuutste boek het ‘n baie interessante titel: Alone Together: Why We Expect More From Technology and Less From each Other. Daarin ondersoek sy ons vertroue op toestelle wat ons kan isoleer.
Sy sê dat wat haar opval is dat families in ‘n restourant sit en nie met mekaar praat nie; dat moeders met hulle kinders in ‘n parkie sit en nie met hulle praat nie; sy kan nie sien dat moeders besig is om teksboodskappe te stuur terwyl hulle hulle kinders in ‘n stootwaentjie stoot nie. Die bewyse is oral om ons. Twee skoolmeisies wat stap elkeen met haar selfoon besig. Hulle is Alone Together.
If knowing God is our greatest priviledge, then knowing his gospel – “Good News” – is our greatest joy – Michael Horton
Die psalms en lofprysing
Baie psalms verwys na die gebruik van die psalm in aanbidding. Daarom kry ons verwysings na aanbiddingsgeleenthede, tempelpriesters, kore, koorleiers – party verwys selfs na die manier van sing (Voorbeeld: Met snarespel; met basstem – Psalm 6) of na die wysie (Voorbeeld: Op die wysie van “By die dood van die seun – Psalm 9) of die instrument.
In hulle aanbidding gee die skrywers uitdrukking aan hulle verhouding met God – daar ondervind hulle God wat na hulle uitreik. Hulle skryf wie God is en wat Hy alles gedoen het vir hulle. Hierdie danksegging is ‘n openbare oefening – dit getuig in die openbaar van wat God gedoen het.
Leadership is. It may be good or bad. It may be recognized and assented to or not. But it always is – Hal Miller Wat bestudeer jy? Amptenare van die Tesourie in die VSA , wanneer hulle geleer word...
What life have you if you have not life together? There is no life that is not in community, and no community not lived in praise of God – T. S. Elliot
2013 – Slegte nuus
This light from below, which I believe to be God’s light, exposes a society that seems only to know how to reward the wealthiest while ignoring the rest – David Dykes.
Godsdiens het in 2013 ‘n groot impak gemaak – die impak van dodelike stilte. Geloofsleiers was doodstil oor die kern etiese sake van die dag. Ons word emosioneel oor die baba in die krip; ons sing graag oor die boodskap met goeie nuus wat die skaapwagter op die oop velde om Betlehem gehoor het. Maar vir baie mense in Suid-Afrika was die nuus in 2013 nie goed nie: die werkloses, vroue, armes, haweloses … Hulle bly steeds randfigure.