Die psalms en lofprysing

image_pdfimage_print

If knowing God is our greatest priviledge, then knowing his gospel – “Good News” – is our greatest joy – Michael Horton

Die psalms en lofprysing

Baie psalms verwys na die gebruik van die psalm in aanbidding. Daarom kry ons verwysings na aanbiddingsgeleenthede, tempelpriesters, kore, koorleiers – party verwys selfs na die manier van sing (Voorbeeld: Met snarespel; met basstem – Psalm 6) of na die wysie (Voorbeeld: Op die wysie van “By die dood van die seun – Psalm 9) of die instrument.

 In hulle aanbidding gee die skrywers uitdrukking aan hulle verhouding met God – daar ondervind hulle God wat na hulle uitreik. Hulle skryf wie God is en wat Hy alles gedoen het vir hulle. Hierdie danksegging is ‘n openbare oefening – dit getuig in die openbaar van wat God gedoen het.

 

 In die psalms kry ons gewoonlik twee formele eienskappe van lofprysing:

Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel (100:1 – 2. Ons kry dieselfde in Psalm 95).

  • Die rede vir die lofprysing

Want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode. Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne. Die see is Syne, Hy het dit gemaak; sy hande het die land gevorm (95:3 – 5).

Die redes vir die lofprysing is meestal ook die inhoud van die lofprysing. Tipiese redes om God te prys is sy grootheid en goedheid; sy heerskappy oor die wêreld omdat Hy die Skepper van alles is; God se trou aan Israel.

 Ons kla so baie – die regering, my finansies, veiligheid … Kom ons gebruik in 2014 die psalms om weer in dankbaarheid vir God te loof.

 

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...