Paulus en pyn

image_pdfimage_print

As long as we live, let us resolve that we will read for ourselves, think for oursleves, judge of the Bible for ourselves, in the great matter of our souls. Let us dare to have an opinion of our own –  J. C. Ryle

Paulus en pyn

As dit by pyn kom, kan ons almal baie by Paulus leer. Hy word onregverdig gearresteer; hy word in die tronk gegooi; hy word geslaan. Hoe reageer hy? Hy bid en sing lofliedere tot God. Skielik kom daar ‘n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan. Die bewaarder wou homself om die lewe bring. Wat die bewaarder geruk het was nie die aardbewing nie, maar Paulus se reaksie daarop (Handelinge 16).

Ons eerste vraag as ons erge pyn het, is: “God wat het ek verkeerd gedoen?” Wat sou gebeur as ons eerder sou vra: “God in wie se lewe probeer U my gebruik?” Hoekom kyk ons nie eerder na Johannes 16:33 nie? In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.

Ons moet besef dat ons pyn deel is van die manier waarop Jesus besig is om die wêreld te oorwin. Hy gebruik ons lyding om vir ander te help om die hoop en vreugde wat ons het, te wys. In plaas van wanhoop moet ons moed hou.

Paulus se voorbeeld in Handelinge 16 en Jesus se woorde in Johannes 16 lê twee beginsels oor pyn neer:

  • Verwag dit

Ons natuurlike reaksie teenoor pyn is verbasing. Lees net Psalm 112:7: Vir slegte tyding is hy (die regverdige) nooit bevrees nie – nie omdat hy dit nie verwag nie – maar hy is gerus, hy vertrou op die Here. Beskryf dit my gesindheid teenoor pyn? Dit sal as jy sy belofte dat Hy altyd by jou sal wees, aanvaar. Ons moet ons teenspoed gebruik om ‘n hoop wat verder as hierdie wêreld strek te openbaar. Dan is teenspoed nie meer ‘n skok nie. Jesus het my hiervan vertel – ek het dit sien kom.

  • Gaan daardeur

Maak ‘n keuse: Moet nooit ophou om God te loof nie. Hierdie is ‘n keuse, want jy gaan nie altyd lus voel om God te loof nie. Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie (Psalm 103:2); Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk, en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder (Habakuk 3:17 – 18).

Praat oor die goedheid van God; verklaar dit; sing dit. Hoekom? Die ander gevangenes luister. Pyn en tragedie is dikwels ons beste geleentheid om te getuig. Hoe dikwels vermors ons nie hierdie geleenthede nie. Wat daarvan as ons in die gevangenes van ‘n slegte huwelik of die verlies van ons werk of ’n chroniese siekte die evangelie as ons hoop gebruik. Wat daarvan as ons te midde van ongeregtigheid genade betoon aan diegene wat die oorsaak daarvan is. Ons moet nooit die vreugde dat ons Christus se kinders is verloor nie. Hoekom nie? Die ander gevangenes kyk na ons.

BRAD

image_pdfimage_print