Tagged: Salomo

image_pdfimage_print

Geld dit ook vir Suid-Afrika?

Geld dit ook vir Suid-Afrika? – Marius Nel

Jan vra:

Tydens die inwyding van die tempel in Salomo se tyd het die Here in die nag aan hom verskyn en vir hom gesê dat Hy sy gebed gehoor en hierdie plek vir Hom as ‘n offerhuis verkies het. En dan die bekende deel in 11 Kronieke 7: 14: en My volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en wat volg. Baie leraars en voorgangers en wie ookal beroep hulle op die teks ten behoewe/gunste van Suid Afrika en ek wonder of enige ander volk as die Israeliete hierop aanspraak kan hê?

Die Koningin van Skeba

Die Koningin van Skeba – Francois Malan

Marius Nel vra: 

Ek is n getroue leser en student van die woord. Ek het onlangs ‘n paar dvd’s gekoop met Bybel verhale op. Ek was baie beindruk met die akkuraatheid van die verhale en het besluit om nog daarvan aan te skaf. Ek het toe in dieselfde reeks, Salomo gekoop en kon nie wag om by die huis te kom en dit te kyk nie. Groot was my telleurstelling toe ek die dvd kyk en besef hulle het, alhoewel ‘n groot gedeelte van die verhaal akkuraat was, in die verhaal gesê dat Salomo met die koningin van Skeba trou en ‘n kind by haar het, ens. – iets wat ek nêrens in die bybel raakgelees het nie.

image_pdfimage_print