Tagged: vrou

image_pdfimage_print

Geloofsvrae: Die onderdanigheid van die vrou

Geloofsvrae: Die onderdanigheid van die vrou – Adrio König

  1. Die onderdanigheid van die vrou

Daar is minstens twee groepe uitsprake in die Nuwe Testament oor die posisie van die vrou. Daar is ‘n paar sterk wederkerigheidsuitsprake (soos Gal 3:28 en 1 Kor 7:1-16), en daar is ‘n aantal sterk uitsprake oor die onderdanigheid van die vrou (soos 1 Kor 11:3-16; 14:33-36; Ef 5:21-32; Kol 3:18-19; 1 Tim 2:8-15; Tit 2:4-5; 1 Pet 3:1-7). Kan hulle sinvol met mekaar in verband gebring word, of moet ‘n mens uiteindelik tussen hulle kies?

Geloofsvrae: Die posisie van die vrou in die Bybel

Geloofsvrae: Die posisie van die vrou in die Bybel – Adrio König

Die posisie van die vrou in die Bybel 

Die Bybel is ‘n manlike boek – patriargaal en androsentries (gesentreer op die man). Die vrou beklee ‘n onderhorige plek. Sy is huisvrou en moeder. Sy het nie veel van ‘n eie regsposisie nie, en is volkome op haar man aangewese. Sy staan eintlik in diens van haar man en sy familie om kinders (veral seuns) vir hulle voort te bring want dit is hoe die man se familie uitgebou word.

Onderrig deur ‘n vrou

Onderrig deur ‘n vrou – Jan van der Watt

Roenell vra:

Ek wil graag meer weet oor “teachings” onderrig deur ‘n vrou (met verwysing na die Bybel) en of daar ‘n verskil is tussen “teaching en preaching” onderrig en prediking. Veral onderrig deur ‘n vrou aan mans en dan veral oor dogmatiek en nie net daaglikse onderwerpe soos Christelike siening oor finansiële begroting of algemene onderwerpe nie.

Vrou se gedrag in die gemeente

Vrou se gedrag in die gemeente – Jan van der Watt

Marius vra: 

Vrou se gedrag in die gemeente. In 1 Kor 11:2-16 lees mens dat n man nie mag bid of profeteer met ‘n hoofbedekking nie, omdat dit oneer aan God is. ‘n Vrou moet egter weer n hoofbedekking aanhê, wanneer sy bid of profeteer. Nou lees mens ook in dieselfde gedeelte dat mense vir hulself moet oordeel, want in die natuur doen ‘n man met lang hare homself oneer aan. Paulus skryf ook dat mense in die gemeente nie twisgierig moet wees nie.

image_pdfimage_print