Vyf dinge wat God nooit gesê het nie

image_pdfimage_print

If you do all the talking when you pray, how will you ever hear God’s answers?”  – AW Tozer

Vyf dinge wat God nooit gesê het nie

“God help diegene wat hulleself help.” Mense gebruik dit as bewys dat jy jou plek na die hemel kan oop werk. Maar God het dit nooit gesê nie. Wat die Bybel wel sê, is:Die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here (Romeine 6:23). Hierdie is ‘n genadegawe – die ewige lewe is gratis.

Hier is vyf ander wanindrukke oor wat God se woord vir ons sê. Ongelukkig beïnvloed hulle ons uitreik na nie-Christene op ‘n negatiewe wyse:

 

  • As jy nie weet watter datum jy gered is nie, is jy nie gered nie

Daar is natuurlik ‘n moment wanneer ‘n persoon van die duisternis na die lig oorgaan. Nadat jy besef dat jy ‘n sondaar is en dat Christus vir jou gesterf en opgestaan het, plaas jy jou vertroue in Hom. Net omdat jy nie weet presies wanneer daardie sekonde was nie, beteken nie dat jy nie gered is nie. Dit gaan hier nie oor ‘n datum en tyd nie, maar oor ‘n feit. As jy op Christus alleen vertrou as jou enigste weg na die hemel is jy gered – maak nie saak wanneer jy die lyn oorgesteek het nie. Hierdie is belangrik, want hoe kan ek met iemand oor sy verlossing praat as ek onseker oor my eie verlossing is?

Natuurlik is daar mense wat dramaties tot bekering kom. Die ontmande Etiopiër (Handelinge 8:26 – 39) en Paulus (Handelinge 9:1 – 22) sou vir jou ‘n datum kon gee. Daar is baie wat dit nie kan doen nie. Hulle het miskien in ‘n Christelike omgewing grootgeword. Op een of ander stadium het hulle hulle sondige toestand besef en op Christus begin vertrou. Maar hulle weet nie die presiese tyd nie.

 

  • As jy gered wil word, nooi net vir Jesus in jou hart in

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My (Openbaring 3:20). Hiervan lei sommige mense af dat ek net vir Jesus in my hart moet innooi. Die hart sou dan ‘n deur wees waaraan Jesus klop en wag om ingenooi te word. Hierdie vers is egter aan Christene en nie aan nie-Christene gerig. Dit gaan hier oor gemeenskap en nie oor verlossing nie. Sommige mense dink dat  as hulle net ‘n eenvoudige gebed opsê waarin hulle Hom in hulle harte innooi, hulle gered is. Hulle vertrou op ‘n gebed en nie op die Verlosser wat vir ons aan die kruis gesterf het nie. Ons moet op Christus, ons enigste weg na die hemel, vertrou. Om ‘n gebed op te sê sal ons nie red nie – vertroue in Jesus Christus red ons.

 

  • As jy ‘n geleentheid om iemand van Christus te vertel nie gebruik nie, is jy verantwoordelik as hy nie gered word nie.

Baie mense hou nie van evangelisasie nie. As hulle dit doen, doen hulle dit omdat hulle skuldig voel. Hoekom voel hulle skuldig? Hulle is vertel dat as hulle ‘n geleentheid het om vir Christus te getuig en hulle doen dit nie en daardie persoon gaan hel toe is hulle verantwoordelik. Hierdie siening berus op die verkeerde verstaan van Esegiël 3:19 – 20: Wanneer Ek vir ‘n goddelose sê hy gaan sterwe, en jy waarsku hom nie, jy praat nie en jy waarsku nie die goddelose teen sy bose optrede om hom so in die lewe te hou nie, dan sal hy deur sy sonde sterwe, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood. As jy hom waarsku en hy bekeer hom nie van sy goddeloosheid nie, van sy bose optrede nie, sal hy deur sy sonde sterf, maar jy sal jou eie lewe behou. Hierdie verse het niks met evangelisasie te doen nie. Esegiël is deur God as ‘n wag vir Israel aangestel (3:17). Sy taak was om teen naderende gevaar te waarsku. Sy uitroep gee aan die mense wat buite die mure is die geleentheid om beskerming te soek. Dit gee ook die mense die geleentheid om die poorte toe te maak en reg te maak vir die verdediging van die stad. Die dood waarvan Esegiël praat is fisies en nie geestelik nie.

Enigeen wat weier om Esegiël se waarskuwing te gehoorsaam, kan die fisiese dood verwag. Esegiël moes almal waarsku en nie net die goddeloses nie. As Esegiël die mense nie waarsku nie, is hy verantwoordelik vir hulle dood. Dit is ons taak om Christus na die goddeloses te bring; net God kan die goddeloses na Christus bring.

 

  • As jy na My toe kom, wil ek jou hele lewe of niks hê nie

Jy kan nie vir God halfpad ontmoet nie; as jy na Christus wil kom, moet jy jou volledig aan Hom oorgee. Lees net weer die Johannes-evangelie. Hy maak dit duidelik dat verlossing van een ding afhanklik is:glo en vertrou dat Christus jou enigste weg na die hemel is. As ek Hom so vertrou, is ek verlos. Verlossing is gratis, maar daar is ‘n koste aan dissipelskap verbonde. Dissipelskap is ‘n proses.

Wie van ons kan sê dat op hierdie gegewe moment elke aspek van my lewe aan Christus behoort? Sodra ek besluit het om Christus te vertrou en in Hom te glo vir my verlossing, word ‘n volkome oorgawe aan Christus ‘n doel waarna ek streef met behulp van die Heilige Gees en die geloofsgemeenskap.

Beklemtoon dat dit belangrik is om mense te vertel dat jy ‘n Christen is. Hy was nie skaam vir my nie so hoekom sal ek vir Hom skaam wees? Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is. Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is (Matteus 10:32 – 33). Die konteks verduidelik dat dit hier oor dissipelskap gaan.

Maar is getuienis dan nie ‘n saak van verlossing nie? Kyk na hierdie drie sake:

  1. oJohannes 12:37 – 43: Die wondertekens wat Jesus gedoen het, moes as vlag voor die Jode gedien het. Dit sê: Christus is God. Alhoewel Jesus so baie wondertekens voor die mense gedoen het, het hulle tog nie in Hom geglo nie. Sommige het wel geglo: Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; want hulle het verkies om liewer deur mense geër te word as deur God.
  2. oDaar is baie verse in die Bybel wat sê dat die enigste voorwaarde vir verlossing geloof alleen is. Maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak deur sy geloof (Romeine 4:5).
  3. oDan kon ons na die misdadiger aan die kruis verwys. Een van die misdadigers vra vir Jesus: Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook! (Lukas 23:39). Die ander man plaas sy geloof in Jesus: Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom. Jesus se reaksie was sekerlik die beste nuus wat ‘n sterwende man kan hoor: Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees. Hierdie misdadiger kon vir niemand van sy verlossing vertel het nie. Hy is gered deur Christus te erken vir wie Hy gesê het Hy is: die enigste een wat hom van sy sonde kon red.

 

Wanopvattings kan skadelik wees. Ons het hier na vyf wanopvattings gekyk wat ons uitreik na nie-Christene kan belemmer. Die gevolg is verwarring van die boodskap, die bevraagtekening van ons eie verlossing en ‘n teruggetrokkenheid om met ander oor die Here te praat. Dit beteken nie dat ons nie mense moet aanmoedig om te getuig nie, maar hulle moet dit uit genade doen en nie omdat hulle skuldgevoelens het nie.

 

image_pdfimage_print