Woorde uit die Bybel – Genade (3)

image_pdfimage_print

To avoid a sin or to obey a command, not from fear or ambition but purely out of love of God, is to sanctify His name in public – Maimonides.

 

Woorde uit die Bybel – Genade (3)

When I use a word it means just what I choose it to mean – neither more nor less – Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

 In Die Boodskap word genade dikwels met goedheid vertaal.

‘n Lewe van genade is ‘n lewe van vryheid. Julle staan nie meer onder die loodsware las van die sonde nie. Daardie mag is vir altyd gebreek. Julle hoef ook nie meer al die reëls van die wet na te kom om God se guns te probeer wen nie. Julle leef nou net uit sy goedheid (Romeine 6:14). Maar waarvan stel genade ons vry?

  • Die hopelose noodsaaklikheid om ons voor God aanvaarbaar te maak deur die volkome onderhouding van die wet. Jesus Christus het na die wêreld gekom om mense wat verkeerd lewe, te help om weer God se vriende te word; ek weet, want as dit by ‘n slegte lewe kom, het ek voor in die ry gestaan (1 Timoteus 1:15). Paulus leef nou uit die vergifnis van sonde. As hy misluk, help hy homself weer met die hulp van Christus op. Die probleem is die mens se trots: as ons trots is, sal ons nie ons tekortkominge erken nie en ook nie probeer om iets daaraan te doen nie.
  • Die heerskappy van die sonde. Lees net weer Romeine 6:14 wat hierbo aangehaal is.
  • Die bande van vrees. Almal wat hulle deur die Heilige Gees laat lei is kinders van God. As julle hierdie keuse maak, is julle nie langer slawe van dinge soos angs en vrees nie (Romeine 8:14). Ons kan  die oordeelsdag met vrymoedigheid, sonder om bang te wees,  tegemoetstap. In hierdie wêreld is ons situasie immers presies dieselfde as Jesus s’n. Waar daar liefde heers, is daar nie plek vir vrees nie, veral nie vrees vir God se finale oordeel nie (1 Johannes 4:17).

 Genade maak ons vry. Aanvaar God se genade in Jesus Christus en leef as ‘n vry mens.

 

Volgende keer bespreek ons die woord Middelaar.

image_pdfimage_print

You may also like...