Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
DIE TEKENS VAN DIE TYD
Die sogenaamde tekens van die tyd word in Markus 13 en Matteus 24 beskryf. Die tekens bestaan uit algemene rampe, druk van buite die kring van gelowiges, druk van binne en die verkondiging van die evangelie aan almal. Die bedoeling van die tekens is nie om berekenings te maak oor wanneer die einde van die wêreld aanbreek nie, maar om gelowiges waaksaam te maak en op te roep tot ‘n lewe van volgehoue toewyding aan Jesus.
DIE SONDES VAN DIE VADERS TOEGEREKEN AAN DIE KINDERS – VLOEK OF EIE TOEDOEN? (EKSODUS 20:5-6)
Eksodus 20:5-6 word dikwels gebruik om God as ‘n toornige en onvergewensgesinde God voor te stel wat mense vervloek. En dan ly tot die vierde geslag daaronder, teen wil en dank. Niks is egter verder van die waarheid af nie. God is haastig is om te vergewe. Dis mense wat nie wil verander nie, en dan geslagte lank ly onder hulle hardheid van hart.
Oordeel of lewe? – ‘n verstaan van Openbaring 20
1. Inleiding:
Ons leef onder die indruk dat almal op die laaste dag geoordeel gaan word. Maar is dit regtig so? As ‘n mens na Openbaring 20 kyk, wil dit lyk asof daar ‘n duidelike onderskeid gaan wees tussen gelowiges en ongelowiges by die oordeel, amper te vergelyk met Matteus 25.
Die sewe seëls (Openb. 6:1-8:1) as boodskap van hoop aan gelowiges
1. Inleiding:
Die oopmaak van die sewe seëls het al vele gelowiges se hare regop laat staan. Op die oog af is daar bitter min positief hierin te sien. Tog bied hierdie gedeelte ‘n ongelooflike troos aan gelowiges te midde van die chaos wat in die geskiedenis aan’t ontvou is.