Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )

image_pdfimage_print

Die Groot Geloofswoordeboek: Spiritualiteit

Die Groot Geloofswoordeboek: Spiritualiteit

Spiritualiteit • Kerklike tradisies Gereformeerde spiritualiteit Evangeliese spiritualiteit Evangelicals) Pinkster-Charismatiese spiritualiteit

Spiritualiteit

Spiritualiteit is ‘n begrip wat veral die laaste twee dekades na vore gekom het in die Afrikaanse kerklike taal. Dit het veral gebeur na aanleiding van die *Vernuwingsbeweging in die NG Kerk sedert die 1980’s. Voorheen is dit uiters selde gebruik, anders as in die Ka­tolieke tradisie en sekere Protestantse en veral Evangelical tra­di­sies in Noord-Amerika. Anders as hier ter lande, is Spiritual Theo­logy daar ‘n bekende vak vir teologiese studie.

Die Groot Geloofswoordeboek: Vernuwingsbeweging

Die Groot Geloofswoordeboek: Vernuwingsbeweging

Vernuwingsbeweging

Daar is ‘n omvattende vernuwingsbeweging in die NG Kerk wat in die 1980’s begin het en nog steeds sterker word. Dit is nie ‘n homogene eenheid nie, maar daar is groot gemeenskaplikhede. Daar is ‘n groot misverstand oor hierdie beweging, en dit is dat dit Charismaties is.

image_pdfimage_print