Category: Algemene Artikels: Die Bybel en die Wetenskap

Die Bybel en die Wetenskap – Algemene Artikels

image_pdfimage_print
antieke_brief

Die kuns van antieke brief

Die kuns van antieke brief – Kobus Kok

Vandag skryf ons sommer vinnig ʼn brief, sms of epos sonder om regtig te beplan. Ons lees dan ook die briewe van Paulus so asof dit vir Paulus en die mense van sy dag net so  vinnig was om gou ʼn brief te skryf en aan iemand anders te stuur. In die antieke Romeinse wêreld was briewe skryf ʼn langsame en dikwels duur proses.

Darwinisme en Sosiale Darwinisme

Darwinisme en Sosiale Darwinisme – Coen Slabber

[Hierdie is beslis nie ʼn poging om evolusie te verdedig nie. As wetenskaplike glo ek egter dat ons noukeurig in ons woordgebruik moet wees. Hierdie is ʼn poging om twee begrippe wat dikwels (verkeerdelik) bymekaar gegooi word, te onderskei.

Die Bybel en die Wetenskap.

Die Bybel en die Wetenskap.

Ons lees so dikwels van die konflik tussen die Bybel en die wetenskap. Die probleem is dat hierdie konflik meestal beperk is tot mense wat op die pole van die debat staan – en baie lawaai maak. Richard Dawkins, ateïs en evolusionêre bioloog, sê dat as jy die wetenskap glo, jy ‘n ateïs moet wees:

Faith is the great cop-out, the great excuse to evade the need to think and evaluate evidence. Faith is belief in spite of, even perhaps because of, the lack of evidence.

Aan die ander kant is daar sekere godsdienstige fundamentaliste wat die wetenskap as gevaarlik en onbetroubaar beskryf. Hulle glo dat die letterlike interpretasie van die Skrif die enigste betroubare manier is om wetenskaplike waarhede vas te stel.

image_pdfimage_print