Jesus in ons harte

image_pdfimage_print

Many believers run away from miracles. They say that God can do the impossible, but try very hard to save him the trouble by taking matters into their own hands – H. Van Dyke Parunak

 

Jesus in ons harte

J. D. Greear het ‘n interessante blog geskryf: Moet ons ophou om Jesus te vra om in ons harte te kom?

 

In die kerk is daar baie mense wat onseker van hulle verlossing is. Aan die ander kant is daar mense wat klaarblyklik seker is van hulle verlossing … maar nie werklik verlos is nie.

In sy bergrede sê Jesus: Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie (7:21). In die gelykenis van die saaier vertel Jesus van saad wat gou opgekom het, maar verskroei het,  omdat dit nie wortel geskiet het nie (Matteus 13:6).

 

Hierdie verhale sê vir ons dat daar mense is wat op pad is na die ewige oordeel al dink hulle hulle is verlos. Hoekom gebeur dit? Baie mense glo hulle ewige bestemming word bepaal as hulle Jesus in hulle lewe aanvaar het of die sondaar se gebed gebid het. Baie van hulle lees daarna selde die Bybel, bid net as dinge skeefloop en woon nie eredienste by nie. Is dit nie die mense van Matteus 7:21 nie?

 

In die kerk het ons mense wat aanmekaar onnodig twyfel aan hulle verlossing en mense wat seker is terwyl dit nie so is nie. Word hierdie probleem nie vererger deur die manier waarop ons oor die evangelie praat nie? Ons sê dikwels: “Vra Jesus om in jou hart te kom woon,” of “Gee jou hart vir Jesus.” Hierdie  is nie verkeerd nie, maar dit is nie wat die Bybel sê nie. As die Bybel praat van verlossing praat hy van bekering en geloof.

 

Toe die bewaarder van die tronk in Filippi vir Paulus en Silas vra: Menere, wat moet ek doen om gered te word?  Hulle antwoord hom: Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word (Handelinge 16:30 – 31). Bekering en geloof is twee kante van dieselfde muntstuk. Bekering beteken letterlik om my denke te verander. Dit is die eerste reaksie waarvoor Jesus gevra het toe Hy sy bediening op aarde begin het: Bekeer julle en glo die evangelie (Markus 1:15).

 

Verlossing is bekering en geloof in die voltooide werk van Jesus Christus. Dit is iets wat ons voortdurend doen. Ons het nie een maal geglo nie – ons glo voortdurend. Paulus sê dat ons die vryspraak deur geloof kry (Romeine 4:5).

 

Natuurlik is dit nie sonde om te vra dat Jesus in jou hart moet kom bly nie. Verlossing is egter meer as dit.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...