NEHEMIA – BEPLANNING (1)

image_pdfimage_print

“The preaching of Christ is the whip that flogs the devil. The preaching of Christ is the thunderbolt, the sound of which makes all hell shake.” ~ Charles Spurgeon

Nehemia – Beplanning (1)

Daar is al heelwat boeke oor Nehemia as leier geskryf. Nou het nog ‘n nuwe boek verskyn: Leader after God’s own Heart deur Jim George (2012). Kom ons kyk na sekere aspekte van Nehemia se leierskap.

 

Kenmerk #5: Beplanning …fokus jou leierskap

Toe sê die koning vir my: “Is daar iets wat jy my wil vra?” Ek het ‘n skietgebed opgestuur na die God van die hemel en toe vir die koning gesê: “As die koning dit goedvind, as u dienaar op u goedgesindheid mag reken, stuur my na Juda toe, na die stad waar my voorouers begrawe is, sodat ek die stad kan herbou.” (2:4 – 5).

Dit is moeilik om ‘n mens se gevoelens te beskryf as hy besef dat God op die punt staan om sy gebede te antwoord. Nehemia het waarskynlik ‘n mengsel van vreugde , opwinding en angs ondervind toe die koning hom vra of daar iets is wat hy wil vra. Voordat hy met die koning praat, stuur hy eers ‘n skietgebedjie op. Wat sou die koning antwoord?

 

Nehemia het waarskynlik beplan van die dag toe hy van Jerusalem se benarde toestand gehoor het. Baie idees het in sy gedagtes gewoel. Hy dink aan die voorrade wat hy nodig sou hê en die hoeveelhede; die goedkeurings wat hy nodig sou hê.

 

Twee tipes mense

(a)   Diegene wat nie beplan nie. Hulle mag drome hê, maar geen planne nie. Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek (Spreuke 21:5). As jy nie jou dag beplan nie, sal iemand anders dit beslis vir jou doen.

(b)   Diegene wat vooruit beplan. Beplanning is ‘n lewenstyl en dissipline vir hierdie mense. Hulle het doelwitte en behaal resultate. Dinge gebeur. Die slegte nuus is dat hierdie mense wat beplan dikwels net op die fisiese aspekte fokus en die geestelike aspekte ignoreer. Hulle beplan nie vir daardie dinge wat ewigheidswaarde – ‘n nouer verhouding met God en jou gesin –  het nie. Maak seker dat jy in jou beplanning daardie dinge wat werklik saak maak insluit.

 

Volgende keer gaan ons na die eienskappe van ‘n doeltreffende beplanner kyk.

 

image_pdfimage_print

You may also like...