www.bybelkennis.co.za Blog

Oorlogvoering in die Ou Testament (3)

Oorlogvoering in die Ou Testament (3) – Coen Slabber

Ons het reeds na vestingstede en maniere om vestingstede in te neem, gekyk. Maar jy het ook mense/soldate nodig. Het Israel ‘n weermag gehad?

Na die uittog uit Egipte was Israel georganiseer in stamme en afdelings. In Numeri 2 lees ons van hierdie kamporde. Hierdie stamme was later die basis vir die militêre orde.

Die Groot Geloofswoordeboek: Wet

Die Groot Geloofswoordeboek: Wet

Wet/Torah/Pentateug Wet/Tien Gebooie/Dekaloog

Torah is die Hebreeuse woord wat onder andere gebruik word vir die eerste vyf boeke van die Bybel. In die Nuwe Testament word dit “die wet” of “die wet van Moses” genoem (Matt 22:40; Hand 28:23). In die tyd van Jesus het hulle na die Ou Testament verwys as “die wet en die profete”.

Oorlogvoering in die Ou Testament (2)

Oorlogvoering in die Ou Testament (2) – Coen Slabber

Ons het verlede keer na die mure en poorte van stede gekyk. Watter strategieë het aanvallers gebruik om ‘n bres in die muur te slaan?

(a) Direk. Hamers, lanse, byle, spiese en swaarde is gebruik om ‘n gat in die muur te maak. Ongeveer 2 000 vC lees ons van ‘n stormram wat gebruik is. Aanvanklik was dit ‘n lang paal met ‘n skerp punt. Dit was swaar en moeilik om te beweeg, veral as jy die hele tyd aan vyandelike pyle en spiese blootgestel is.