www.bybelkennis.co.za Blog
Die Eerste Brief van Johannes (1) – Jan van der Watt
Hierdie is ’n Bybelstudie oor 1 Johannes deur Prof Jan van der Watt. Dit het oorspronklik by Bybelkor, ’n divisie van Bybel-Media, verskyn. Dit is aangepas om te voldoen aan die behoeftes van die webblad.
Geestelike Hoogmoed – Jan van der Watt
’n Leser vra:
Ek lees vandag se Vers ’n Dag en die 1ste skrifgedeelte van Hennie Symington (1 Kor 1 21-22
Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo.) bring onmiddellik by my vrae op rondom kennis en geleerdheid as dit by Bybel (of dan eerder “geestelike” aangeleenthede) kom. Ek praat nie nou van slegs die basiese onderskeiding tussen reg en verkeerd, goed en sleg of die uitleef en toepas van die 10 gebooie en dit wat Jesus in sy bediening ons geleer het nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Woord as titel vir Jesus
Woord as titel vir Jesus
Daar word ses keer na Jesus as “die Woord” verwys, almal in Johannes se geskrifte (Joh 1:1, 34; 1 Joh 1:1; Op 19:13). Veral die verwysings in Johannes 1 herinner sterk aan die betekenis van “die woord” of “die woorde” van God, en ook aan die gebruik van die begrip “die wysheid” in die Ou Testament.
Die Groot Geloofswoordeboek: Wonderwerke
Wonderwerke
Die vergeesteliking van die wonderwerke
In die meeste historiese kerke speel die wonderwerke van Jesus nie ’n belangrike rol nie. Daar word selde oor die wonderwerke gepreek, en indien wel, word dit gewoonlik vergeestelik. As Jesus ’n blinde weer laat sien, is die toepassing gewoonlik iets soos dat Hy ons geestelike blinde oë wil oopmaak om die kanse raak te sien om Hom te dien. As Hy ’n lam man se bene weer sterk maak, beteken dit dat Hy ons geestelike lam bene wil sterk maak dat ons Hom voluit kan dien. ’n Mens kan ’n paar opmerkings hieroor maak.