www.bybelkennis.co.za Blog

Laat sy Liefde jou Lei: Sê jou hart: “Welkom!”

Laat sy Liefde jou Lei: Sê jou hart: “Welkom!” – Milanie Vosloo

Sê jou hart: “Welkom!”?

En nou is dit die geloof ennie hoop ennie liefde wat bly staat, ma nettie liefde sal saam met my narie Jirre se jimmel toe gaan. 1 Kor 13:13 Uit Griekwapsalms

Wat ‘n voorreg dat die Meester-van-die-Liefde eens op ‘n tyd hier tussen ons kom leef en vir ons geleer het hoe die taal van liefde klink; hoe die hart van ‘n ware verskilmaak-mens lyk.

Oorlogvoering in die Ou Testament (3)

Oorlogvoering in die Ou Testament (3) – Coen Slabber

Ons het reeds na vestingstede en maniere om vestingstede in te neem, gekyk. Maar jy het ook mense/soldate nodig. Het Israel ‘n weermag gehad?

Na die uittog uit Egipte was Israel georganiseer in stamme en afdelings. In Numeri 2 lees ons van hierdie kamporde. Hierdie stamme was later die basis vir die militêre orde.

Die Groot Geloofswoordeboek: Wet

Die Groot Geloofswoordeboek: Wet

Wet/Torah/Pentateug Wet/Tien Gebooie/Dekaloog

Torah is die Hebreeuse woord wat onder andere gebruik word vir die eerste vyf boeke van die Bybel. In die Nuwe Testament word dit “die wet” of “die wet van Moses” genoem (Matt 22:40; Hand 28:23). In die tyd van Jesus het hulle na die Ou Testament verwys as “die wet en die profete”.