www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Vryheid
Vryheid
Vryheid is ’n gelade woord, of dit nou godsdiens is of politiek. Die woord “Liberalisme” is direk afgelei van vryheid (liberty). In ons politieke verlede was vryheid een van dié woorde. Die Afrikaners moes bevry word van die Engelse oorheersing, en toe hulle dit regkry, vergeet hulle hulle stryd en verkneg weer die mense van kleur. Toe kom die nuwe stryd om vryheid. Tot 1994. En daarna?
Die Groot Geloofswoordeboek: Vulgaat
Vulgaat
(*Vertaling(-s) van die Bybel)
Dit is die vertaling van die Bybel wat Hiëronimus (Jerome) in die vierde eeu in Latyn gemaak het. Hy het liewer die Hebreeuse Ou Testament as die Septuagint gebruik.
Die Groot Geloofswoordeboek: Vreemde Tale
Vreemde tale
Daar is baie verwarring oor talespraak omdat mense nie tussen twee verskillende vorme daarvan onderskei nie. Wat op die Pinksterdag gebeur (Hand 2) en wat Paulus in 1 Korintiërs 12-14 behandel, is twee verskillende verskynsels. By die uitstorting van die Heilige Gees praat die apostels in bekende tale, tale wat nodig is om die evangelie aan bepaalde groepe oor te dra. Maar in Korinte was daar lidmate wat onverstaanbare tale gepraat het, tale wat uitgelê moes word anders was dit sinloos om dit in die gemeente se samekoms te praat. As daar nie iemand was wat die taal kon uitlê nie, moes die talespreker dit tuis doen in sy of haar persoonlike omgang met die Here.
Die Groot Geloofswoordeboek: Vrede
Vrede
Die vrede wat God in die Bybel beloof, is soveel ryker as dit wat ons gewoonlik onder vrede verstaan. In die omgang het die Hebreeuse woord sjaloom (shalom) al bekend geword. Sommige mense gebruik dit selfs as ’n groet.
Onder vrede verstaan ons gewoonlik die afwesigheid van spanning, stryd, oorlog. “Daar’s weer vrede” beteken net die oorlog is verby.