www.bybelkennis.co.za Blog

‘n Droom

‘n Droom – Jan van der Watt

‘n Leser vra:

Ek het gedroom van satan wat in ‘n vorm van groot “geloofwaardige man” ‘n nuwe “gemeente” stig. Hy het met sy praatjies my man so oorgeneem en dat ek heeltyd baklei teen satan en sy “dissipels” om my kinders geen leed aan te doen nie. Hulle wou my kinders vat en ek het net heeltyd gepleit dat hul klaar my man het en asb. my kinders moet los.

Is Katolieke Christene?

Is Katolieke Christene? – Jan van der Watt

Jurgens vra:

Is Katolieke Christene? Gaan hulle hemel toe? Hulle bid aan Maria as “tussenganger”. Is dit nie afgodery nie? Moet my asb nie hierdie politiese korrekte antwoord gee nie – maar ek weet reeds dis wat julle gaan doen…. As dit olraait is dat hulle bid tot Maria, hoekom kan ek nie tot my pa bid wat dood is toe ek 10 was nie? Komaan ouens – gee my ‘n reguit eerlike antwoord.

Godslasterlike Gedagtes

Godslasterlike Gedagtes – Jan van der Watt

‘n Leser vra:

Ek kry van tyd tot tyd allerhande godslasterlike gedagtes wat my baie ontstel. Ek kry pastorale berading. Ek is so bang vir verlore gaan. Ek stap noual 4 jaar ‘n pad met God.

Die Groot Geloofswoordeboek: Sonde

Die Groot Geloofswoordeboek: Sonde

Sonde • Oorsprong/Begin van die sonde

Sonde

Sonde kan op baie maniere omskryf word:

•             Dit is verkeerde dade wat ons doen, ook regte dade wat ons nie doen nie (sonde van com­mision en omission).

•             Dit is om die doel te mis (die betekenis van een van die Hebreeuse woorde).

•             Volgens Johannes 16:9 is dit allereers om nie in Jesus te glo nie, wat beteken dat sonde in die eerste plek ‘n verkeerde ver­houding is, en dat al die ander verkeerde dinge dan daaruit voortvloei.