Die Groot Geloofswoordeboek: Sekte
Die Groot Geloofswoordeboek: Sekte
Sekte
Dit is ‘n negatiewe woord wat deur historiese kerke gebruik is, en soms nog gebruik word om groepe te beskryf wat van hulle weggebreek het.
Sekte
Dit is ‘n negatiewe woord wat deur historiese kerke gebruik is, en soms nog gebruik word om groepe te beskryf wat van hulle weggebreek het.
See
Dit is opvallend dat ons in Openbaring lees dat daar nie meer ‘n see op die *nuwe aarde sal wees nie (21:1). Waarom nie? Omdat die see deur die hele Bybel ‘n negatiewe simbool is, ‘n simbool van die *chaosmagte wat die aarde en die mense wil vernietig. Die chaosmonsters was almal seemonsters, onder andere Leviatan, Behemot, Rahab (Job 9:13; 26:12; Ps 74:13-14; 89:11; 104:26; Jes 27:1; 30:7; 51:9-10). Daarom is die see deurgaans in die Ou Testament as ‘n bedreiging beskou.
Job se tweede toets, en mense om hom se reaksies
Die aanklaer, die satan, het gesê dat Job sal ophou om God te dien as sy gesondheid weggeneem word.
God het ingestem tot so ‘n toets.
Samaritane
Die Samaritane is die afstammelinge van die vermenging van Jode en hoofsaaklik Kutiërs. Daar het Jode in Samaria agtergebly na die *ballingskap van die noordelike stamme in 722 vC.