www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Mens
Hier word gekonsentreer op die verskillende woorde wat in die Bybel vir die mens gebruik word. Elders kom ander fasette van ons menswees ter sprake. (*Beeld van God)
Die Groot Geloofswoordeboek: Masoretiese teks
Die Masoretiese teks is die Hebreeuse Ou Testament, die Jode se “Heilige Skrif” of Bybel waarvan hulle teen ongeveer 200 vC ‘n Griekse vertaling gemaak het, die *Septuagint.
Die Groot Geloofswoordeboek: Maria
Maria was ‘n baie algemene naam in Bybeltye. In die Ou Testament kry ons die Hebreeuse vorm Mirjam as die suster van Moses en Aäron (Eks 15:20). In die Nuwe Testament is daar sprake van sewe verskillende Marias:
Die Groot Geloofswoordeboek: Maranata
Maranata is ‘n Aramese woord wat in sommige vertalings in 1 Korintiërs 16:22 voorkom. In die 1983-vertaling is dit vertaal met: “Kom, Here,” maar dit kan ook beteken: “Die Here het gekom.”