Die Groot Geloofswoordeboek: Liturgie
Die Groot Geloofswoordeboek: Liturgie
Liturgie
Die woord “liturgie” kom van die Griekse woord leitourgia wat soms vertaal word met “diens” en verband hou met diens aan God en aan ander gelowiges.
Liturgie
Die woord “liturgie” kom van die Griekse woord leitourgia wat soms vertaal word met “diens” en verband hou met diens aan God en aan ander gelowiges.
Liefde
(*God)
“Liefde” is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons samelewing word dinge liefde genoem wat eerder onverantwoordelike en ongebreidelde hartstog is.
Leiding van die Gees
Die Heilige Gees word baie sterk verbind met leiding. Dit is deel van Jesus se belofte dat die Gees ons in die hele waarheid sal lei (Joh 16:13). Alhoewel dit direk aan die dissipels beloof is, is daar geen rede om te meen dit het nie op ons ook betrekking nie.
Leë graf
As ‘n mens ‘n duidelike aanduiding soek of iemand werklik in die opstanding van Jesus glo, vra jy of Jesus se graf leeg was. As sy graf nie leeg was na sy *opstanding nie, was die opstanding iets anders as wat ons in die Bybel lees.