www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsweg (8)
Uit God gebore: ‘n merkwaardige begrip
Ons besef nie altyd hoe merkwaardig die begrip “wedergeboorte” is nie. Daar word ‘n hele paar voorstellings vir die skeppingswerk van God gebruik (*Skepping), soos skepping deur die woord, skepping deur skeiding, skepping deur iets voort te bring. Hierdie voorstellings kom ook almal voor by die volke rondom Israel. Eintlik het Israel geen eie skeppingsvoorstellings nie. Hulle deel hierdie voorstellings met die ander volke. Maar hulle maak wel ‘n keuse. Daar is sekere voorstellings wat hulle nie gebruik nie, juis omdat hulle weet dit pas nie by hulle God nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsweg (7)
- Wedergeboorte (Nuwe lewe) (*Kind/Kinders van God)
Soos die ander begrippe oor die heilsweg is wedergeboorte ‘n radikale woord. Dis eintlik skokkend om te dink ‘n mens moet nog ‘n keer gebore word. Jou eerste geboorte was nie goed genoeg nie. ‘n Motor met ‘n paar lelike stampe kan nog by die duikklopper reggeklop word. Maar as jy die motor weer wil opsmelt om dit heeltemal oor te maak beteken dit dit was onherstelbaar beskadig. Dis wedergeboorte. God moet ons oormaak.
Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsweg (6)
Verlossing word in die Bybel omvattend gebruik: vir bewaring, genesing, saligheid. Dit sluit dus die liggaamlike en geestelike behoeftes van mense in.
Wie het vir God gemaak as Hy alles gemaak het? – Kobus Kok
Suzanne vra:
My dogtertjie van 10 worstel met die vraag en ek weet nie hoe om haar te antwoord sodat sy dit sal verstaan nie. Sy wil by my weet: As God alles gemaak het, wie het dan vir God gemaak?