www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Die Goddelikheid van die Heilige Gees
Die Goddelikheid van die Heilige Gees
Oor die *Heilige Gees bely die kerk dat ook Hy God is, en verder dat Hy ‘n Persoon is, en nie maar net ‘n Goddelike krag of die onpersoonlike krag van God nie. Dit beteken dat die Gees nie maar net die onpersoonlike krag of invloed van God is nie, maar ‘n Goddelike Persoon.
Die Groot Geloofswoordeboek: Doop
Doop
[ Die doop • Die kinderdoop • Die doop van Jesus • Grootdoop • Die doopmetode • Doopbediening
Kleingroepdoop Oordoop/Herdoop Bekeringsdoop Doopviering ]
Die Groot Geloofswoordeboek: Doop met die Heilige Gees
Die uitdrukking “die doop met die Heilige Gees” kom ses keer in die Nuwe Testament voor. Vier keer kom dit voor in die mond van Johannes die Doper as hy verwys na Jesus wat met die Heilige Gees sal doop (Matt 3:11; Mark 1:8; Luk 3:16; Joh 1:33), een maal as ‘n uitspraak van Jesus self (Hand 1:5) wat na die uitstorting van die Gees verwys (Hand 2), en een keer in die mond van Petrus tydens Kornelius se bekering (Hand 11:16).
Die Groot Geloofswoordeboek: Die Drie-eenheid
Die Drie-eenheid
Die begrip
Die begrip “Drie-eenheid” word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net een God is, maar dat die Vader én Jesus én die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies lyk dit moeilik dat drie maal een (Vader én Seun én Gees) een kan wees.