www.bybelkennis.co.za Blog
Die vrou en die stad – Jan van der Watt
Jan Smith vra:
In Openbaring 19: 9 sê Johannes: Skryf-salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. Die mense is net die “gaste” en in Johannes 3:29 sê Johannes die Doper die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister verbly hom in die bruidegom. In watter verhouding staan die “gaste” en “die vriend” met die bruidspaar? Openbaring 21: 9b: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. In plaas van ‘n bruid of ‘n vrou sien Johannes “die heilige stad Jerusalem“. Hoe vereenselwig mens ‘n “vrou” met ‘n “stad” ? Baie dankie.
Hoekom is Jesus nie na sy opstanding herken nie? – Jan van der Watt
Erika vra:
Hoekom het niemand Jesus herken nadat Hy opgestaan het nie?
Adam en Eva – Marius Nel
ʼn Leser vra:
Ek wil net graag weet: Eva het vir Adam mislei met die appel. Nou hoor ek dat daar nie fisies ‘n boom was nie, maar dat hulle gemeenskap gehad het. Ons moet die wyer prentjie sien, maar ek glo nie dit nie. Wil net weet voordat ek hulle konfronteer.
Aborsie: Etiese argumente vir en teen aborsie – Coen Slabber
Ons het reeds gewys op die twee groepe in die aborsiedebat: diegene wat glo dat die vrou die reg het om te kies of sy die swangerskap wil behou of nie en diegene wat glo dat aborsie deur die staat verbied moet word. Watter argumente gebruik hierdie twee groepe? Ons kan hier ʼn ellelange lys maak. Ek het enkele argumente uitgesoek sodat u ʼn gevoel vir die debat kan kry.