Prof. Francois Tolmie

image_pdfimage_print

Prof. Francois Tolmie

francois_tolmie_100

Francois Tolmie is in 1959 in Keetmanshoop in Namibië gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Middelburg Kaap en gaan studeer daarna vir predikant. Hy voltooi sy teologiese opleiding aan die Universiteit van die Vrystaat waar hy later ook doktorsgrade in Nuwe Testament en Grieks verwerf.

Na ‘n kort tyd as predikant van die NG Gemeente Walvisbaai word  hy  beroep  as  dosent  in  Nuwe Testament aan die Fakulteit Teologie (Universiteit van die Vrystaat) waar hy tans professor in Nuwe Testament is. Hy stel veral belang in die Johannesevangelie en die Briewe van Paulus – waaroor hy al heelwat akademiese artikels en drie boeke geskryf het.

Afgesien van sy akademiese werk het hy ook verskeie populêr-godsdienstige werke geskryf, onder andere as medewerker van die Bybellennium. In 2006 het Francois saam met Prof Jan van der Watt aan die “Apokriewe” gewerk wat deur CUM (Vereeniging) uitgegee is. Hy is ook een van die vertalers van die Afrikaanse Bybel vir Dowes. Hy is getroud met Ansa en hulle het drie kinders en is tans die Dekaan van die Teologiese Fakulteit Universiteit van die Vrystaat.

 

image_pdfimage_print