Tagged: Geloofsvrae

image_pdfimage_print

Geloofsvrae: Voorsienigheid: Die Probleem

Geloofsvrae: Voorsienigheid: Die Probleem – Adrio König

VOORSIENIGHEID: Die Probleem

Die leer van die voorsienigheid van God is enersyds seker die algemeenste en populêrste oortuiging onder Christene, en andersyds een van die mees problematiese. Dit is dikwels die laaste oorblysel van die Christelike geloof by mense wat omtrent totaal gesekulariseer is. Hoe bekend klink die volgende uitdrukkings nie: Wat moet gebeur, sal gebeur; elke mens het sy tyd; niks gebeur by toeval nie.

Geloofsvrae: Die hel

Geloofsvrae: Die hel – Adrio K

Die hel

Die hel as ‘n plek waar mense (dalk die meerderheid?) vir ewig die allerwreedste pyniging sal ly, is sonder meer die grootste probleem in die Christelike geloof. Dit gee geweldig aanstoot aan die moderne Westerse lewensgevoel wat ná die Verligting in die 18e eeu ontwikkel het en wat ‘n afsku het in wrede strawwe, ‘n lewensgevoel wat tot die vrystelling van slawe gelei het, en wat sovêr moontlik pyn voorkom en verlig.

Geloofsvrae: Siekte

Geloofsvrae: Siekte – Adrio König

Siekte

Dit het alreeds duidelik geword dat die dood ‘n baie ingewikkelder verskynsel is as wat ons normaalweg daaronder verstaan: die beëindiging van ons lewe. Dit is sowel ‘n bose mag wat ons in sy greep kry as die plek van verskrikking: die doderyk.

image_pdfimage_print