Tagged: Geloofsvrae

image_pdfimage_print

Geloofsvrae: Israel se siening van geskiedenis

Geloofsvrae: Israel se siening van geskiedenis – Adrio König

Israel se siening van geskiedenis

Nóg albeskikking nóg toelating lyk na ‘n aanvaarbare interpretasie van God se betrokkenheid by wat op aarde gebeur. Miskien kan ons ‘n bietjie verder kom as ons ‘n oomblik nadink oor hoe dinge gebeur, oor wat geskiedenis eintlik is.

Geloofsvrae: Voorsienigheid en toelating

Geloofsvrae: Voorsienigheid en toelating – Adrio König

Voorsienigheid en toelating (Arminius)

Daar is ‘n siening wat bedoel is as ‘n korreksie op Calvyn se albeskikkingsleer. Dit is ontwikkel deur Jacob Arminius (1559-1609) wat ‘n Hollandse Gereformeerde predikant en later professor in Leiden was. Hy het bekend geword omdat sy oortuigings uiteindelik deur die Sinode van Dordtrecht (1618-1619) verwerp is.

Geloofsvrae: Voorsienigheid: Die raad van God

Geloofsvrae: Voorsienigheid: Die raad van God – Adrio König

Voorsienigheid: Die raad van God 

Nou verbonde aan Calvyn se albeskkingsleer is die siening van die `ewige, verborge raad’ van God as die detailplan wat Hy voor die skepping opgestel het vir die verloop van die ganse geskiedenis op aarde. Dit hang saam met ‘n redelik statiese siening van God self.

Geloofsvrae: Voorsienigheid en albeskikking (Calvyn)

Geloofsvrae: Voorsienigheid en albeskikking (Calvyn) – Adrio König

Voorsienigheid en albeskikking (Calvyn)

Calvyn (1509-1564) se voorsienigheidsleer is een groot apologie vir die albeskikking van God, konsekwenter en radikaler as enige van sy voorgangers. God het alles tot in die fynste besonderhede vooraf bepaal, en alles gebeur presies net so. Calvyn is nie huiwerig om intensiewe vorme en kragwoorde te gebruik om te beklemtoon dat God alles vooraf bepaal het, dat niks sonder sy beskikking gebeur nie, en dat Hy in geen opsig sy voorafbepaalde plan verander nie.

image_pdfimage_print