Tagged: Paulus

image_pdfimage_print

2 Korintiërs (3)

2 Korintiërs (3) – Francois Malan

Die heerlikheid van Paulus se evangelie sigbaar in lewenswyse (4:1-5:10)

Deur Christus, wat die beeld van God is, het God sy lig in ons harte laat skyn om die heerlikheid van God, wat in Christus geopenbaar is, te ken. Dit is soos ‘n nuwe skepping van lig in ons lewe (vgl. Gen.1:3 ‘laat daar lig wees’; Joh.8:12 ‘Ek is die lig vir die wêreld). Paulus se evangelie en bediening gaan oor hierdie kennis. Sommige mense dink sy evangelie is versluier.

2 Korintiërs (2)

2 Korintiërs (2) – Francois Malan

Paulus se bediening versprei kennis van Christus soos ‘n geur (2:14-17)

Paulus dank God wat deur sy verkondiging die evangelie seëvierend laat voortgaan in die wêreld, terwyl sy verkondiging nie die evangelie verwater vir persoonlike gewin soos baie ander nie. God het hom bekwaam gemaak om God se woord in opregtheid (sonder bymotiewe), in verbondenheid met die opgestane Christus, in opdrag van God en in verantwoordelikheid aan God te bedien.

2 Korintiërs(1)

2 Korintiërs – Francois Malan

2 Korintiërs is die brief met die meeste persoonlike gegewens oor Paulus. Die groot saak van die brief is dat God ons met Homself versoen het, deurdat Jesus Christus ons sondaars se plek ingeneem het en ons in sy geregtigheid laat deel. Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die liefde van Christus dwing ons om ons met God te versoen, en ons met mekaar te versoen, deur mekaar te vergewe en lief te hê. 

 

Wie rokkel Paulus se gemeentelede af

Wie rokkel Paulus se gemeentelede af? – Jan van der Watt

Erika vra:

Volgens Filippense was daar mense wat Paulus se gemeentelede afgerokkel het terwyl hy in die tronk was. Wie was die mense en van watter geloof was hulle dan nou? Was dit dalk soos in vandag se tyd waar daar so baie kerke is wat aanspraak maak dat hulle almal in Jesus glo, maar ons is net nie een kerk nie of was dit mense wat nie in Jesus geglo het nie?

image_pdfimage_print