27 Maart: God gee regtig om. – Jan van der Watt

image_pdfimage_print

Luk 11:45-12:12 (fokus 12:4-12)

 

Bleskopmans het baie voordele. Een daarvan is dat hulle dit vir die Here makliker maak as Hy die hare van ons hoof tel, soos 12:7 sê.  Dit beteken egter nie dat die Here minder vir die bleskoppe omgee nie.

Elkeen van ons het soms die behoefte om net te hoor dat iemand van ons hou. Dit gebeur veral as iemand ons seergemaak of ons selfbeeld ‘n knou gegee het. Dan wil ons net voel daar is iemand wat na ons hartseer kan luister en ons kan verstaan. As jy so voel, is die woorde van Jesus vir jou: “God gee duisend maal meer om vir jou…” (12:6). En dit is nie al nie. Hy sien wat in jou binneste aangaan en dit maak vir Hom saak. Daarom tel Hy ook die hare op jou hoof – omdat jy vir Hom saakmaak.

Mense maak jou seer en stel jou teleur – dit is die beloop van die lewe. Maar God kan daardie seerplekke weer regmaak met die salf van sy liefde en nabyheid. Hy gee regtig om. Omhels sy nabyheid met geloof en vertroue.

God gee duisend maal meer vir jou om… van kop tot tone, met ‘n bles of daarsonder.

image_pdfimage_print

You may also like...