Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Iemand wat namens ons ons saak by God behartig (Middelaar)
Dinge kan so verkeerd loop tussen mense dat hulle niks meer met mekaar te doen wil hê nie. Hulle wil mekaar nie sien nie, nie met mekaar praat nie. Inteendeel, as hulle bymekaar kom, spat die vonke. Op hulle eie sal hulle nooit weer kan vrede maak nie. Iemand sal hulle moet kom help. Die persoon sal tussen (in die middel van = middelaar) die twee partye moet kom staan en boodskappe heen en weer dra om te kyk of hy die probleem kan oplos.
Maagdelike geboorte
Maria het as jong meisie ʼn besoek van ʼn engel van die Here gehad wat aan haar gesê het dat sy ʼn seuntjie, Jesus, gaan hê.
Jy behoort aan God. Hy het duur vir jou betaal (Loskoping)
Die Bybel gebruik gewoonlik beelde om te verduidelik wat met ons gebeur as ons byvoorbeeld gered word.
Simbole in die Bybel
Mense stry baie oor hoe letterlik ons die Bybel moet lees. As daar in Openbaring 21 staan dat die hemel soos ʼn stad van goud en edelgesteentes is, gaan dit letterlik so wees? Of as die Bybel sê dat God ons “loskoop” met Jesus se bloed, beteken dit dat God Jesus se bloed letterlik in geld verander en dit aan die duiwel betaal? Sjoe, moet God regtig die duiwel so betaal?