Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )

image_pdfimage_print

Die Groot Geloofswoordeboek: Piëtisme

Die Groot Geloofswoordeboek: Piëtisme

Piëtisme

Die Piëtisme het in Duitsland in die *Lutherse Kerk ontstaan aan die begin van die agtiende eeu. Hulle het persoonlike bekering en ‘n lewe in heiligheid en toewyding beklemtoon teenoor die bloot formele aanvaarding van die leer van die kerk wat hulle as dooie ortodoksie bestempel het.

Die Groot Geloofswoordeboek: Pentateug/Heksateug

Die Groot Geloofswoordeboek: Pentateug/Heksateug

Pentateug • Heksateug

Die Pentateug is die eerste vyf boeke van die Bybel (Grieks: pen­te, wat vyf beteken) wat ook bekend staan as die wet (die Torah) of die vyf boeke van Moses. Tot in die tyd van Jesus was daar groepe soos die Sadduseërs wat net hierdie boeke as gesaghebbend er­ken het. Dit is die rede waarom die *Sadduseërs, anders as by­voorbeeld die *Fariseërs, nie geglo het daar sal ‘n opstanding wees nie. Daar staan niks van ‘n opstanding in die Pentateug nie.

Die Groot Geloofswoordeboek: Pelagius/ Pelagianisme

Die Groot Geloofswoordeboek: Pelagius/ Pelagianisme

Pelagius • Pelagianisme

Pelagius is teen die helfte van die vierde eeu in Brittanje gebore. Hy was eintlik ‘n regsgeleerde, maar het nie sy beroep beoefen nie. Hy was ‘n baie ernstige Christen wat mense dringend tot be­kering opgeroep het. Hy het nie die kerklike leer oor die *erf­sonde aanvaar nie, maar geglo dat mense vandag nog net soos Adam gebore word, en nie onder die sonde van Adam ly nie.

image_pdfimage_print