Category: Bybelse Temas en Sake
Jesus se klere – Francois Malan
Jan vra:
Na aanleiding van die artikel oor die verdeling van Jesus se klere wonder ek net in hoe mate dit van die bloed besmeer was dat mense dit nog sou wou gehad het of was daar dalk ‘n ander reëling in werking? Ek wonder net.
Terug na die Ou Testament: Die Feeste (2) – Adrio König
3.2 Die feeste en God se reddingsplan?
3.2.1 Word die feeste in Jesus vervul?
Onder Messiaanse Jode en sommige Christene wat wil teruggaan na die Ou Testament is daar ‘n besondere belangstelling in die feeste. Hulle is oortuig dat die feeste vooruitwys na die hele reddingsplan van God met die wêreld. En sommige dring dan daarop aan dat ons dit vandag nog moet vier. Kom ons kyk eers na die feeste as voorafskaduwing van God se reddingsplan.
Terug na die Ou Testament: Die Feeste (1) – Adrio König
3 Die Feeste
3.1 Die feeste in die Nuwe Testament
Die jaarlikse feeste het eintlik al herhaaldelik in ons bespreking van die Sabbat voorgekom. Dis ook nie vreemd nie, want in die Ou Testament word hulle dikwels saam met die Sabbat genoem. En ook in die Nuwe Testament verbind Paulus die twee. Trouens selfs die jaarfeeste, dit is die Sabbatsjaar en die jubbeljaar, is deel van die feeskompleks.
Terug na die Ou Testament: Die Sabbat (9) – Adrio König
2.6 En Sondag?
Nêrens in die Nuwe Testament word ons beveel om die eerste dag van die week, Sondag, te vier nie. En nêrens in die Nuwe Testament word Sondag met die vierde gebod in verband gebring nie. Ons Sondagviering is iets anders. Die vierde gebod het nie net verskuif van Saterdag na Sondag nie. Dit het verruim van Saterdag na elke dag. Sondag het bygekom as iets nuuts.