Category: Bybelse Temas en Sake
‘n Aantal Grieke wil Jesus sien (12:20-26) – Francois Malan
12:20 Die koms van die Grieke bevestig die Fariseërs se klagte in 12:19. Die skrywer sien hulle as die eerste vrug uit die heidenwêreld wat Jesus as hulle Here aanvaar. Daarom plaas hy die gebeurtenis na 12:19. Die Grieke is nie Griekssprekende Jode (soos in Hand 9:29) nie, maar ‘godvresende’ Grieke (soos in Hand .7:4, vgl. Hand.13:16) wat soveel in die Joodse godsdiens belangstel dat hulle na Jerusalem toe gekom het om deel te neem aan die Paasfees.
Lasarus se lewe word bedreig (12:9-11) – Francois Malan
12:9 Die berig dat Jesus in Betanië is, bring baie van die Jerusalem-Jode (wat nie in Jesus geglo het nie) na Hom toe en veral ook om Lasarus te sien, van wie hulle gehoor het dat Jesus hom uit die dood opgewek het. Dit lei daartoe dat baie van hulle deur die onweerlegbare getuienis van die opwekking uit die dood begin glo dat Jesus van God af kom (v11).
Die salwing van Jesus (12:1-8) – Francois Malan
12:1-2 Ten spyte van die leiers se plan om Jesus te arresteer, verlaat Hy en sy dissipels die veiligheid van die dorpie Efraim (11:54) om na Jerusalem toe te gaan vir die paasfees. Volgens gewoonte gaan Hy na Betanië, waarskynlik na Lasarus en sy susters. Hy kom daar aan, ses dae voor die paasfees (dit is nie seker of die skrywer inklusief reken nie, dan kon dit Sondag gewees het, vyf dae voor Goeie Vrydag. As dit egter vol ses dae voor Vrydag was, het Jesus op die Sabbat daar aangekom – ‘n oortreding van die Sabbatsgebod deur ‘n veel langer reis as die Rabbi’s se beperkte ‘sabbatsreis’ van 880 meter – vgl. Hd 1:12 – wat hulle uit die Leviete se weiveld om die stede uit Num 35:5 aflei) .
Kreti en Pleti – Marius Nel
Alwyn vra:
Ek wil net weet of julle my kan help met die volgende vraag. Wie is die Kreti en Pleti waarvan daar gepraat word in die boek 2 Sameul en 1 Konings, veral in die tyd toe Dawid koning was?