Category: Bybelse Temas en Sake
Johannes 1:18 Opsomming en slot van die proloog tot die Evangelie. – Francois Malan
1:18 ‘Niemand het God ooit gesien nie’ – In Eksodus 33:18-20 vra Moses om God se heerlikheid, kabood, (NAV magtige verskyning) te sien. Die Here sê Hy sal al sy goedheid toob (NAV voortreflikheid) by Moses laat verbygaan, sy Naam voor hom uitroep, sy genade en ontferming skenk aan wie Hy wil, maar niemand kan sy gesig sien en bly lewe nie.
Die Woord word mens! (Johannes 1:14-17) – Francois Malan
In 1-13 is die verhouding van die Woord tot God, die wêreld, mense en Israel aangestip. In 1:14-18 word die hoogtepunt van die himne ingelei met die Woord wat mens word.
Johannes 1:9-13 Reaksies op die Woord van God in die wêreld – Francois Malan
Die himne oor die Woord wat die Lig is, word voortgesit na die onderbreking oor die getuie.
1:9 ‘Die ware lig…was aan kom in die wêreld.’ Dit verwys na twee sake: volgens verse10-11 verwys dit na die menswording van die Woord en die hele aardse bediening van Jesus; volgens vv12-13 gaan dit om dié mense deur die eeue na wie toe die Woord aan die kom was en is. Die Ou Testament verwys na die woord van die Here, of dat die Here gesê het. Dit is telkens dié Woord van God wat mens kom word het in Jesus.
Die getuienis van Johannes die Doper oor die Woord van God (Johannes 1:6-8) – Francois Malan
Die Evangelis onderbreek sy himne oor die Woord wat die Lig is en in die duisternis skyn, om Johannes Doper se getuienis oor die Lig in prosa aan te bied. Sy getuienis gaan oor die Woord wat mens geword het in Jesus. Die optrede van Johannes die Doper was in opdrag van God.