Alle Paaie lei na Jesus:Genesis 1 (1)
Alle Paaie lei na Jesus:Genesis 1 (1) – Adrio König
4.3 Genesis 1
Daar is baie mense wat by uitstek juis Genesis 1 sien as die “Bybelse leer” oor die skepping. Hieroor twee opmerkings.
4.3 Genesis 1
Daar is baie mense wat by uitstek juis Genesis 1 sien as die “Bybelse leer” oor die skepping. Hieroor twee opmerkings.
Skeppingsverhale en skeppingsvoorstelle
Presies hoe het God geskep?
Uit dit alles kan ons interessante gevolgtrekkings maak. Enersyds weet ons nou dat Israel sonder huiwering die meeste voorstellings gebruik wat ook in ander godsdienste voorkom. Dit beteken dat hulle nie ’n eie, unieke beskouing gehad het hoe alles geskape is nie. Trouens hulle kon van dieselfde ding sê dat dit op meer as een manier geskape is. Kom ons kyk na ’n paar voorbeelde.
Skeppingsverhale en skeppingsvoorstelle
Het ons hierdie voorstellings van skepping deur stryd ook in die Bybel? ’n Mens sou dalk kon dink dit kan nie, want daar is volgens die Bybel net een ware God. Maar dan vergeet ons daar is eintlik baie gode, maar net een is die ware God, die God van Israel (Eks 20:2-3). Maar in werklikheid kry ons stryd by die skepping in ’n ander vorm in die Bybel as in die ander godsdienste. Dis nie gode wat teen mekaar veg nie, dis God wat die chaosmonsters verslaan.
4.2 Skeppingsverhale en skeppingsvoorstellings
Ons weet vandag dat alle ou godsdienste oor die wêreld skeppingsverhale het. Ons weet ook dat daar merkwaardige ooreenstemming is tussen hierdie verhale. Daar is hoofsaaklik twee tipes verhale: oorsprongsverhale en daadverhale. Veral in Afrika kom baie oorsprongsverhale voor. Dit vertel hoe die mense eenvoudig iewers uitgekom het, uit ’n gat in die grond of uit ’n moeras of uit ’n boom. Sommige vertel dat die mense uit ’n ander wêreld kom, of uit die hemel. Dit is dan die oorsprong van die mens.