Die Apostoliese Geloofsbelydenis (15)

image_pdfimage_print

My feeling is that there is nothing in life but refraining from hurting others, and comforting those who are sad. -Olive Schreiner, skrywer (1855-1920)

 

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (15)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

 

Naskrif

Daar is twee sake wat nie deur die Apostoliese Geloofsbelydenis hanteer word nie:

 

1.Die Skrif. Dit is die finale gesag vir sake van geloof en die Christelike praktyk. Moontlik is dit omdat die belydenis voor die finalisering van die Bybel voltooi was. Die belydenis verplaas beslis nie die Skrif nie. Saam werk hulle om ons meer en meer soos Jesus te vorm. Die belydenis het geen gesag buite die Skrif nie. Die belydenis vestig ons aandag op wat noodsaaklik is in die Skrif.

2.Die onderrig van Jesus. Die belydenis spring van Jesus se geboorte na sy lyding, dood en opstanding – niks van Jesus se gelykenisse nie. Natuurlik speel Jesus se onderrig ‘n noodsaaklike rol in die lewe van alle gelowiges. Gelowiges moet sy onderrig in ons lewens uitleef. Dink maar net aan Jesus se onderrig oor die koninkryk van God, die bergrede en al sy gelykenisse om net ‘n paar te noem.

 

Die Bybel is primêr. Die geloofsbelydenisse is waardevolle hulpmiddels.

 

 

 

 

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...