Die Apostoliese Geloofsbelydenis (4)

image_pdfimage_print

The Christian lives not in himself, but in Christ and the neighbor. He lives in Christ through faith and in his neighbor through love. –Martin Luther, Freedom of the Christian 1520.

 

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (4)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

 

Jesus: En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here

 

Jesus Christus staan sentraal in die Christelike verhaal. In die Nuwe Testament word Hy as mens wat die stowwerige paaie van Israel geloop het, geopenbaar en daarna deur sy lewende gemeenskap van volgelinge. Ons volg Hom, ons aanbid Hom en ons word meer en meer na sy beeld gevorm. Hy is die hoop vir die wêreld, die oplossing vir ons probleme; Hy is die motivering vir alles wat ons doen. Al ons gebede, offers, werk en aanbidding is vir Hom – nie vir die bevordering van ‘n spesifieke kerk nie.

 

Jesus beteken “God is ons verlossing” of “God red.” Hy sê self: Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is (Lukas 19:10). Hy kom red mense wat soos skape sonder ‘n herder ronddwaal. Toe Jesus vir sy dissipels vra wie hulle dink Hy is, antwoord Simon Petrus: U is die Christus, die Seun van die lewende God (Matteus 16:16). Christus is ‘n titel en nie ‘n naam nie. Dit beteken Jesus is Koning. Maar Hy is ook die Seun van die lewende God. God stuur sy eie Seun sodat sy beloftes aan die mense vervul kan word. Hy stuur nie ‘n plan of padkaart of ‘n stel reëls nie.

 

Beteken dit nou daar is meer as een God? God het nog altyd as Vader, Seun en Heilige Gees bestaan – een wese, maar drie persone. Daarom aanbid ons Jesus as ‘n menslike wese, maar ook as die Seun van God – Jesus is self ook God. Hy is nie ‘n minderwaardige of geskape God nie – Hy is ten volle God. Die Geloofsbelydenis van Nicea stel dit so: “God uit God, Lig uit Lig, waaragtige God, verwek, nie gemaak nie, een in wese met die Vader.”

 

As ons bely dat Jesus die Here is, sê ons in wese dat ons sy eiendom is – Hy neem die beheer van ons lewens oor. Al wat ons doen, is om te bevestig wat reeds waar is: Jesus is die Here oor die hele skepping.

 

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...